Leesplan inligting

Een Woord Wat Jou Lewe Sal VeranderVoorbeeld

One Word That Will Change Your Life

DAG 2 VAN 4

Net Een Woord


 



Begin
Dit is moeilik om jou lewe te vereenvoudig. Dit klink onmoontlik om jou fokus te verklein. Gedurende die afgelope jaar moes jy seker al heel dikwels die vraag beantwoord: “Hoe gaan dit met jou?” Jy het heel moontlik so geantwoord: “Ek is BAIE besig!” Jy hoor nooit iemand sê: “Ek het so baie tyd, ek soek iets nuuts om te doen.” Daardie persoon bestaan nie.



Jy het 'n magdom verantwoordelikhede en 'n druk program. Dit voel of jy die hele tyd moet hardloop om by te bly. Dit is hoekom ons ons lewens doelbewus moet vereenvoudig. Ons het die "EEN WOORD"-tema al met baie mense gedeel. Ons het opgehou om 'n lys van voornemens te maak en begin om een woord uit te leef. Alhoewel daar nie in die Bybel van die "EEN WOORD"-tema gepraat word nie, is dit interessant om op te let dat die frase "een ding" verskeie kere in die Bybel voorkom: onder andere, een keer in Filippense en vier keer in die evangelies.



In Filippense 3:13-14, gebruik Paulus die frase "een ding" om sy roeping te verduidelik en in konteks te plaas. In Lukas 10:42 sê Jesus vir Marta: "net een ding is nodig". As Jesus in Lukas 18:22 en Markus 10:21 met die ryk jongman praat sê Hy dat hy nog "een ding" kortkom. Johannes 9:25 sluit ook hierdie frase in as die blinde man vir die Fariseërs vertel wat Jesus gedoen het. "Een ding weet ek. Ek was blind, maar nou kan ek sien!" Net soos die Skrif hierdie woorde gebruik, kan ons dit ook gebruik en vir God vra om die "EEN WOORD"-tema aan ons te openbaar.



Aan die begin van hierdie proses was dit pret om een woord vir die jaar te kies. Ons het egter gou besef dat ons nie die keuse moes maak nie, maar dat ons vir God moet vra om vir ons die een woord te gee. God kan een spesifieke, geseënde woord in jou hart plaas. Ons moet erken dat dit in die beginjare so was dat ons meestal self 'n woord gekies het en dit nie altyd God was wat die woord vir ons gegee het nie.



Ten spyte daarvan het God dit gebruik! Soos ons meer ervaring opgedoen het hoe die proses werk, het ons meer na God begin luister en uitgevind watter woord Hy gekies het. As jy na God se stem luister, kry jy 'n woord van God en nie net 'n goeie woord nie.



Geniet die proses en onthou dit: slegs een woord. Nie 'n frase nie. Nie eens twee woorde nie. Verklein die fokus om jou lewe te verander. Net een woord!



Kom ons begin

1. Hoekom is dit so moeilik om die lewe te vereenvoudig? Hoekom is die lewe so ingewikkeld?

2. Hoekom probeer ons mense beïndruk met baie goed en nie met minder goed nie?

3. Wat sê God nou vir jou oor jou "EEN WOORD"-tema vir die jaar? Gaan bid ernstig oor die saak en vra God om met jou te praat.



Bybelstudie


Hebreërs 12:1-2, Johannes 9:25, Filippense 3:13-14



Gebed

Liewe Hemelse Vader, gee asseblief vir my een woord. Ek wil graag 'n woord van U ontvang. Openbaar Uself aan my. Ek is gereed om die woord wat vir my bedoel is te ontvang. In die Naam van Jesus. Amen.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

One Word That Will Change Your Life

"EEN WOORD" help jou om jou lewe te vereenvoudig deur vir 'n hele jaar lank net op een woord te fokus. Die eenvoud van die woord wat God vir jou gee, is 'n motivering wat help om jou lewe te verander. 'n Warboel van ding...

More

Baie dankie aan Jon Gordon, Dan Britton, en Jimmy Page wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.getoneword.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid