Leesplan inligting

Ons Daaglikse Brood 15-dae UitgaweVoorbeeld

Our Daily Bread 15-Day Edition

DAG 8 VAN 15

Die Apteker



Die apteker het 'n goeie reputasie gehad. Hy was 'n gesinsman en 'n goeie sakeman. Hy was miljoene werd. Om meer wins te maak, het hy begin om chemoterapie medikasie te verdun. Hy is uitgevang en is gestraf. Baie gesondheidsorgwerkers het gewonder: "Hoe kon so iets gebeur?"



Dieselfde tipe vrae is seker ook al oor koning Dawid gevra. Hy was 'n man na God se hart en tog het hy sy gesagsposisie gebruik om 'n ander man se vrou in die hande te kry (2 Samuel 11). Hy het ook saamgesweer om die man se lewe te neem. Die man wat gesterf het, was een van Dawid se militêre offisiere wat vir die koning geveg het. Ons kan na die mislukkings van ander kyk en goed voel oor onsself. As ons egter goed voel oor die verkeerde dinge wat ander gedoen het, ken ons onsself nie. Die Bybel noem juis Dawid se sonde sodat ons gewaarsku kan word en nie ons bewustheid van morele waardes laat 'verdun' nie. Die mislukkings van ander behoort ons meer bewus te maak van ons eie swakhede en die nodigheid van God se genade. As ons erken dat ons swak is, sal ons op God se krag kan staatmaak. — Mart DeHaan



Here, die Bybel is soos 'n spieël

Dit wys my hart se nood

'n Ware beeld word vertoon

'n Skets van elke deeltjie van my. — Hess



Die Bybel is 'n spieël wat wys hoe God ons sien.
Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Our Daily Bread 15-Day Edition

Ons wil jou aanmoedig om 'n daaglikse, intieme en noue verhouding met God aan te knoop. Ons Daaglikse Brood bied miljoene lesers wêreldwyd die geleentheid om hulle stiltetyd met dagstukke van toewyding te verryk. In net ...

More

Baie dankie aan Ons Daaglikse Brood wat hierdie leesplan verskaf het. Lees hier vir meer inligting: www.odb.org/app

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid