Liefde en die HuwelikVoorbeeld

God het nie aan ons verwagtinge en rolle in ons huwelik gegee om ons vryheid te beperk nie. Hy wil net hê ons moet weet hoe die lewe die beste werk. Hierdie Skrifgedeelte oor liefde, respek en onderdanigheid, strook nie altyd met ons daaglikse denke en moderne praktyke nie, maar ons kan seker wees dat die Een wat die huwelik ingestel het, weet hoe om dit te laat blom. Nadat julle hierdie Skrifgedeelte hardop saam gelees het, praat oor die deel wat vir jou die moeilikste was om te verstaan of om te beoefen. Bid saam dat God julle elkeen sal lei om die rol te vervul wat Hy vir julle uitgekies het — op 'n manier wat Hom verheerlik en eer aan jou huweliksmaat bring.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Deur op ons huwelik binne die konteks van die Bybel te fokus, gee ons aan God die geleentheid om vir ons nuwe insigte oor ons verhouding te gee en versterk ons band met mekaar. Hierdie leesplan gee vir ons Bybelverse om op te fokus en kort gedagtes om 'n bespreking en gebed saam met jou huweliksmaat aan die gang te sit. Hierdie 5-dag leesplan is 'n korttermyn toewyding om jou te help om in jou lewenslange verhouding te belê. Vir meer inligting, besoek: finds.life.church
More
Ons wil graag vir Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting oor Life.Church, besoek gerus hulle webtuiste: http://www.life.church