Die geboorte van Christus en gesinsleweVoorbeeld

Die geboorte van Christus en gesinslewe

DAG 5 VAN 5

Hou Christus die middelpunt van die gesin

Die belangrikste vraag wat ons gedurende die feesseisoen moet antwoord is dit: Watter plek neem Christus in ons gesin in? Te midde van die geskenke, kos en kuier, mag ons nie vergeet dat Hy die rede vir die feesgety is nie. Wanneer Christus die middelpunt van die gesin is, word alle verhoudings tot asemrowende moontlikhede verhef. Christus bring vrede, hoop en blydskap. Laat hierdie Kersfees ’n hernude toewyding wees om as gesin saam die Here te dien ... in gebed, in geloof en in liefde. Die boodskap van Kersfees is 'n boodskap van lig en lewe – wat daar net in Christus te vinde is. Laat ons gesinne ook plekke wees waar sy lig helder skyn, en laat ons deur ons eenvoudige gasvryheid die harte en lewens van mense rondom ons raak. Dit sal gebeur wanneer ons Christus as die middelpunt van alles behou.

Geselsvrae vir die hele gesin ...

Watter ou gewoontes help julle om gedurende Kersfees die fokus op Jesus te hou?

Watter nuwe manier kan julle hierdie Kersfees vind om as gesin saam die Here te dien?

Wat gaan julle as gesin spesifiek op Kersdag doen om Christus se geboorte te vier?

Aangaande hierdie leesplan

Die geboorte van Christus en gesinslewe

Die gesin is die primêre bousteen van die samelewing. Christus se geboorte het ook 'n nuwe hoop en lig vir gesinslewe gebring. Daarom is die viering van Christus se geboorte – ook die aankondiging daarvan dat daar hoop vir gesinne is. Vind weer die vreugde in klein dingetjies ... soos die Christuskind wat in doeke toegedraai en in 'n krip neergelê is. Die eenvoud van Christus se geboorteverhaal is nie onbenullig nie.

More

Ons wil graag Leef die Woord bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.leefdiewoord.co.za