Die geboorte van Christus en gesinsleweVoorbeeld

Die geboorte van Christus en gesinslewe

DAG 3 VAN 5

Die Kersboodskap van eenheid in die gesin

Deur die geboorte van Christus word nie net vrede met God bewerkstellig nie, maar ook vrede tussen mense. In baie gesinne is daar spanning, misverstande of teleurstelling. Tog nooi die boodskap van die heilige feesgety oor Christus se geboorte ons om in liefde te vergewe, met mekaar te versoen om weer nader aan mekaar te kom. Liefde, vergifnis en verdraagsaamheid is soos gom wat gesinne saamhou. Jesus het gekom om mense te versoen, en sy liefde en genade is die voorbeeld wat ons aanspoor om dieselfde te doen. Wanneer ons gedurende hierdie feesgety saam is, laat ons onthou: dit gaan nie oor die geskenke wat ons gee of ontvang nie; of watter tipe gesellighede ons saam geniet nie – maar oor Wie saam met ons is. Waar Christus teenwoordig is – daar heers liefde, genade en vergifnis. Jesus, en dit wat sy geboorte meebring, is die rede vir die feestelikheid. Hoe heerlik dat ons dit in ons gesinne voor oë kan hou en saam met mekaar kan beleef en uitleef.

Geselsvrae vir die hele gesin ...

Is daar dalk in julle gesin situasies wat genade, vergifnis en versoening vereis?

Hoe kan julle hierdie Kersfees as gesin liefde en vergifnis prakties uitleef?

Hoe kan nadenke oor die geboorte van Christus julle gesin help om nader aan mekaar te wees?

Aangaande hierdie leesplan

Die geboorte van Christus en gesinslewe

Die gesin is die primêre bousteen van die samelewing. Christus se geboorte het ook 'n nuwe hoop en lig vir gesinslewe gebring. Daarom is die viering van Christus se geboorte – ook die aankondiging daarvan dat daar hoop vir gesinne is. Vind weer die vreugde in klein dingetjies ... soos die Christuskind wat in doeke toegedraai en in 'n krip neergelê is. Die eenvoud van Christus se geboorteverhaal is nie onbenullig nie.

More

Ons wil graag Leef die Woord bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.leefdiewoord.co.za