Die geboorte van Christus en gesinsleweVoorbeeld

Die geboorte van Christus en gesinslewe

DAG 2 VAN 5

Die gesin as die eerste plek waar geloof gevorm word

Josef en Maria het Jesus grootgemaak in ’n huis waar die Woord van God geëer is. Hulle het nie net elkeen 'n persoonlike lewe van toewyding aan God geleef nie, hulle het Jesus deel van hulle godsdienstige toewyding en meelewing gemaak. In elke gesin behoort daar 'n heilige verwagting en roeping te wees, naamlik: om geloof oor te dra van geslag tot geslag. Kinders behoort God nie net te leer ken deur prediking van kansels af of deur middel van Sondagskool lesse nie, maar beslis deur die toewyding en geloofslewe wat hulle tuis waarneem. Gedurende Kersfees word ons herinner dat Jesus nie in ’n paleis gebore is nie, maar in ’n nederige gesin wat God vertrou en gedien het. Julle gesin kan ook ’n plek wees waar geloof in God gevorm en oorgedra word; waar Kersfees meer as ’n fees met geskenke vir mekaar is, maar ’n viering van Jesus Christus is wat in ons midde kom woon het, en dat die aanvang van sy geboorte juis in 'n gesin was.

Geselsvrae vir die hele gesin ...

Wat beteken dit vir julle dat Jesus in ’n gewone gesin gebore is?

Watter waarde het dit om persoonlike Christelike belewenisse met die res van die gesin te deel?

Watter maniere gebruik julle gesin in die oordrag van geloof aan die volgende generasie?

Aangaande hierdie leesplan

Die geboorte van Christus en gesinslewe

Die gesin is die primêre bousteen van die samelewing. Christus se geboorte het ook 'n nuwe hoop en lig vir gesinslewe gebring. Daarom is die viering van Christus se geboorte – ook die aankondiging daarvan dat daar hoop vir gesinne is. Vind weer die vreugde in klein dingetjies ... soos die Christuskind wat in doeke toegedraai en in 'n krip neergelê is. Die eenvoud van Christus se geboorteverhaal is nie onbenullig nie.

More

Ons wil graag Leef die Woord bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.leefdiewoord.co.za