Die geboorte van Christus en gesinsleweVoorbeeld

Die trefkrag van eenvoud
Die Kersverhaal herinner ons daaraan dat daar vir Jesus geen plek in die herberg was nie. Tog het ’n eenvoudige stal en krip ('n voerbak vir diere) aan Hom die warmte van huisvesting gebied. En dit was ook hier waar Josef en Maria die herders en die wyse manne uit die Ooste ontvang het. Hierdie nederige toneel roep ons om weer te besef hoe merkwaardig eenvoudige dinge en ook gasvryheid is. Dit herinner ons telkens weer aan watter groot rol klein dingetjies kan speel. In ’n tyd waar mense dikwels haastig of selfgerig is, roep Christus se geboorte ons om deur middel van eenvoudige dinge ruimte te maak vir familie, vriende en vreemdelinge. Julle huis kan ’n plek van vrede wees; waar ander iets van God se liefde kan ervaar. Wanneer die klem doelbewus geplaas word op eenvoudige dinge soos gasvryheid en mededeelsaamheid – en Christus as die sentrale figuur en boodskap gehandhaaf word – word die ware betekenis van Kersfees treffend verkondig. Hierdie eenvoud is waarlik voldoende.
Geselsvrae vir die hele gesin ...
Watter klein dingetjies kan julle gesin hierdie Kersfees doen, sodat ander Jesus kan beleef?
Hoekom word gasvryheid en die verkondiging van die geboorte van Christus aan mekaar verbind?
Hoe kan julle hierdie Kersfees gasvryheid uitleef – sonder om oordadig te wees?
Aangaande hierdie leesplan

Die gesin is die primêre bousteen van die samelewing. Christus se geboorte het ook 'n nuwe hoop en lig vir gesinslewe gebring. Daarom is die viering van Christus se geboorte – ook die aankondiging daarvan dat daar hoop vir gesinne is. Vind weer die vreugde in klein dingetjies ... soos die Christuskind wat in doeke toegedraai en in 'n krip neergelê is. Die eenvoud van Christus se geboorteverhaal is nie onbenullig nie.
More
Ons wil graag Leef die Woord bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.leefdiewoord.co.za
Verwante Leesplanne

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 1)

Onbeperkte Liefde

’n Kersfees Saam met Jesus

Ons wag op 'n redder

Ek volg Jesus

Kersfees in Psalm 16: Volmaakte Vreugde

Bible Basics: Om God te ken

Follow, Fellowship, Fish

Hoe Kosher is Jou Evangelisasie?
