Die geboorte van Christus en gesinsleweVoorbeeld

God is die skepper van die gesin
Van die begin af het God die gesin ingestel as die primêre bousteen van die samelewing. In die tuin van Eden het Hy die eerste huwelik gevestig – ’n heilige verbintenis tussen 'n man en 'n vrou – waaruit die eerste gesin gespruit het. Die gesin is nie bloot ’n sosiale struktuur nie. Dit is ’n geestelike instelling waar liefde, sorg en geloof oorgedra word. Wanneer ons Christus se geboorte herdenk, dink ons nie net aan sy koms na die wêreld nie, maar ook aan die gesin waarin Hy gebore is. Josef en Maria was gewone mense, maar God het hulle gekies om deel van sy buitengewone plan te wees. Net so gebruik God vandag nog gewone gesinne om sy liefde en lig te uit te straal. Daarom kan elke gesin 'n geskenk aan die samelewing wees, deurdat dit ’n ruimte kan wees waarin Christus se teenwoordigheid 'n beslissende rol speel, en die gesin die boodskap van Jesus Christus prakties uitleef.
Geselsvrae vir die hele gesin ...
Watter eenvoudige maniere kan julle gebruik om liefde in julle gesin uit te leef?
Dink aan Josef en Maria … wat kan julle by hulle leer oor vertroue in God se plan?
Wat beteken dit vir julle dat jul gesin 'n geskenk van God – vir mekaar en vir ander – kan wees?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die gesin is die primêre bousteen van die samelewing. Christus se geboorte het ook 'n nuwe hoop en lig vir gesinslewe gebring. Daarom is die viering van Christus se geboorte – ook die aankondiging daarvan dat daar hoop vir gesinne is. Vind weer die vreugde in klein dingetjies ... soos die Christuskind wat in doeke toegedraai en in 'n krip neergelê is. Die eenvoud van Christus se geboorteverhaal is nie onbenullig nie.
More
Ons wil graag Leef die Woord bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.leefdiewoord.co.za
Verwante Leesplanne

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 1)

Onbeperkte Liefde

’n Kersfees Saam met Jesus

Ons wag op 'n redder

Ek volg Jesus

Kersfees in Psalm 16: Volmaakte Vreugde

Bible Basics: Om God te ken

Follow, Fellowship, Fish

Hoe Kosher is Jou Evangelisasie?
