Bible Basics: Om God te kenVoorbeeld

Verlossing en geloof
Baie mense glo dat “goeie” mense hemel toe sal gaan en “slegte” mense hel toe. Ons hoop ons goeie werke sal meer as ons sonde wees en vir ons ’n plek in die hemel verdien. Hierdie tipe manier van dink, word moralisme genoem. Die probleem met moralisme is dat ons onsself in die regterstoel plaas in plaas van vir God. God is volmaak heilig en volmaak regverdig. Dit beteken dat vir ons om Hom te nader in sy volmaaktheid, ons aan sy standaarde moet voldoen — en dit is onmoontlik, want geen mens kan ’n sondelose lewe lei nie.
Die goeie nuus is dat God geweet het ons sou nie in staat wees om onsself te red nie, en daarom het Hy deur Jesus ’n manier geskep. Jesus, God se Seun, het aarde toe gekom in menslike vorm. Hy het ’n sondelose lewe gelei en die dood van ’n sondaar vol sonde gesterf en so die straf gedra wat ons as sondaars verdien het. Hy is ná drie dae uit die dood opgewek en het die dood oorwin (Romeine 8:3-4). Hy heers in heerlikheid en ons sal die ewigheid saam met Hom deurbring omdat Hy ons vergewe het. Die waarheid is dat ons nie gered word van sonde, die dood en die hel nie, maar vir ’n ongelooflike toekoms in God se teenwoordigheid en vir die goeie doel wat Hy hier op aarde vir ons voorberei het. God het ons nuwe skepsels gemaak: Ons ou lewens is verby (2 Korintiërs 5:17)! Al wat ons moet doen, is om God se gratis geskenk van verlossing te ontvang en te aanvaar.
Soos ons by die einde van hierdie leesplan kom, kan jy tyd inruim om na te dink oor die ongelooflike waarhede wat ons saam ontdek het. Die boodskap van die Bybel is die boodskap van God se strewe na ’n verhouding met die mensdom — sy geliefde skepping. Selfs al het ons gesondig en gekies om God te verwerp, het Hy ’n manier verseker vir ons om gered te word van die sonde wat ons van Hom geskei het. En selfs meer as dit: Hy het vir ons die geskenk van sy Heilige Gees gegee om by ons en in ons te wees. Sy geskenk van verlossing is vrylik beskikbaar vir enigiemand wat in hulle harte glo en met hulle monde bely dat Jesus die Here is (Romeine 10:10-13) en wegdraai van hulle ou manier van doen en beweeg in die rigting van ’n nuwe lewe saam met Hom.
Om mee af te sluit, as jy ver van God af voel — en onseker oor jou verlossing — wil ek jou aanmoedig om die volgende gebed te bid:
Hemelse Vader, dankie vir u ongelooflike groot liefde vir my. Verlos my asseblief van my sonde. Ek bely dat ek niks is sonder U nie. Ek het u genade en liefde hier en nou nodig. Dankie dat U Jesus, u Seun, gestuur het om aan die kruis te sterf vir die vergifnis van my sonde. Dankie dat U my in u lewegewende teenwoordigheid wil intrek. Here Jesus, ek bely dat U my Here en my Koning is. Ek wy my lewe aan U toe en sê: “Laat U wil in my geskied.” Heilige Gees, help my om daagliks vir Jesus, my Here, te volg. Help my om meer soos Hy te word en u lig te skyn aan dié om my. Ek bid dit in Jesus se Naam. Amen.
Deur Christopher Hyslop
Hierdie leesplan in aangepas uit die reeks Bible Basics: Knowing God op RightNow Media. Vir meer inligting besoek gerushttps://app.rightnowmedia.org/join/shofar.
Aangaande hierdie leesplan

Wat is die punt van die lewe? Bestaan God regtig? Gee Hy vir ons om? Kan ons Hom werklik ken? As jy al vrae soos hierdie gevra het, is hierdie 9-dag-leesplan vir jongmense ’n goeie plek om te begin om antwoorde te kry. Laat God toe om met jou te praat deur sy Woord oor hoe Hy is en wat Hy vir jou beplan, in hierdie lewe en die volgende.
More
Ons wil graag Shofar Christian Church bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: shofaronline.org
Verwante Leesplanne

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 3)

Onbeperkte Liefde

Leef Vervuld - 'n Reis deur Kolossense

Follow, Fellowship, Fish

Ek volg Jesus

Geroep deur God

Advent: Hy Spreek Sy Vrede Oor Sy Mense Uit

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 2)

Ons wag op 'n redder
