Bible Basics: Om God te kenVoorbeeld

Die Heilige Gees
Om die Heilige Gees beter te verstaan, sal dit help om ’n paar algemene misverstande op te klaar.
- Eerstens: die Heilige Gees is ’n Persoon — nie ’n krag, ’n wonderwerk-instrument of ’n kraan wat ons kan oopdraai nie. Ons kan Hom nie beheer nie, Hy beheer ons.
- Tweedens: die Heilige Gees is hier om God se missie te voltooi, nie om net vir ons verskeie geestelike ervarings te gee nie.
- Derdens: die Heilige Gees is presies dít: heilig. Hy verwag dat ons heilig sal wees soos Hy. God haat sonde omdat dit ons van Hom skei. Ons behoort nie die vrug van die Heilige Gees bo ’n goddelike karakter te stel nie.
Dit is ook belangrik om te verstaan dat die Heilige Gees die gewer van lewe is. Hy was aktief betrokke in die skepping van die begin af en het oor die oppervlak van die water gesweef (Genesis 1:2) soos ’n ma-voël oor haar eiers sal waak. Dit wys die Heilige Gees se teerheid en liefde vir die skepping. Die Heilige Gees is ook die een wat nuwe lewe in ons skep. Dit is deur die Gees dat ons weergebore word in God se familie.
Deur die hele Bybel sien ons God se begeerte om naby aan sy mense te wees. Hy het na Adam en Eva in die Tuin van Eden gegaan, Hy het Moses by ’n brandende bos gekry, Hy het sy mense in die tempel ontmoet. Dan eindig die Ou Testament en ons wonder hoe God sy belofte wat Hy deur Esegiël gemaak het, sal nakom dat Hy sy Gees in sy mense sou sit en hulle harte en die manier waarop hulle leef, verander (Esegiël 36:27-28).
Natuurlik verskyn Jesus dan op die toneel: God in vlees, God by ons! Die Heilige Gees openbaar Homself as ’n duif wat op Jesus neerkom ná sy doop en Jesus se vroeë bediening bekragtig (Matteus 3:16-17). Dan belowe Jesus vir sy volgelinge dat God die Vader die Heilige Gees sal stuur om hulle te vul en hulle te help (Johannes 14:26), en daardie belofte word op Pinkster vervul (Handelinge 2:1-4). Dink net wat sal hierdie week in jou lewe verander as jy besef dat jy, by jou en in jou, Jesus se verteenwoordiger het wat jou bemagtig om te wees en te doen wat Jesus jou geroep het om te wees en te doen.
Op Pinkster het God se teenwoordigheid nie net ’n vertrek gevul soos dit die tempel gevul het nie. Dit het die mense in die vertrek gevul deurdat die Heilige Gees in hulle kom woon het. God se tempel — sy woonplek — het die mense self geword. Toe die dissipels eers met die Heilige Gees gevul is, kon hulle nie ophou op die Goeie Nuus van Jesus te verkondig oral waar hulle gegaan het nie. Dit is die tipe verandering wat die Heilige Gees in ons lewens inbring.
Neem ’n oomblik en vier die feit dat God sy Gees gestuur het om jou aan te moedig en sterk te maak vir elke tree van jou lewensreis. Mag die Heilige Gees in jou ’n honger skep na God se Woord en vir jou ’n dieper verstaan van sy waarheid gee. En mag Hy jou gebruik om die atmosfeer te verander oral waar jy gaan.
Deur Lené Jonck
Aangaande hierdie leesplan

Wat is die punt van die lewe? Bestaan God regtig? Gee Hy vir ons om? Kan ons Hom werklik ken? As jy al vrae soos hierdie gevra het, is hierdie 9-dag-leesplan vir jongmense ’n goeie plek om te begin om antwoorde te kry. Laat God toe om met jou te praat deur sy Woord oor hoe Hy is en wat Hy vir jou beplan, in hierdie lewe en die volgende.
More
Ons wil graag Shofar Christian Church bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: shofaronline.org
Verwante Leesplanne

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 3)

Onbeperkte Liefde

Leef Vervuld - 'n Reis deur Kolossense

Follow, Fellowship, Fish

Ek volg Jesus

Geroep deur God

Advent: Hy Spreek Sy Vrede Oor Sy Mense Uit

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 2)

Ons wag op 'n redder
