Bible Basics: Om God te kenVoorbeeld

Die mensdom en sonde
God is almagtig, alwetend, heilig en bestaan in die volmaakte verhouding met Homself. Hy het ons beslis nie nodig gehad nie. Hy het mense geskep omdat Hy ’n liefdevolle God is wat in ’n verhouding met ons wou staan. God het vir die mensdom die mandaat gegee om oor die wêreld wat Hy geskep het te heers (Genesis 1:26-28). Ons word ook geroep om sy karakter en natuur te weerspieël deur hoe ons oor ons hulpbronne heers. Ongelukkig het ons nie so goed gevaar om hierdie verantwoordelikhede uit te leef nie.
God het ons ontwerp om sy beeld te dra en sy lig en goedheid te weerspieël in die wêreld om ons. Omdat God liefde is, het Hy ook vir mense ’n vrye wil gegee: Ons het die vryheid om te kies om Hom lief te hê, te aanbid en te gehoorsaam en dit maak ons liefde, aanbidding en gehoorsaamheid opreg. Adam en Eva het gekies om ongehoorsaam aan God te wees in terme van die keuse wat Hy hulle gegee het om van sekere bome in die Tuin van Eden te eet (of nie te eet nie). Ons word vandag nog beïnvloed deur die keuse wat hulle gemaak het. Sonde veroorsaak dood en verwoesting. Om verwyderd te wees van die grootste Bron van lewe beteken die dood. Adam en Eva se ongehoorsaamheid het hulle uit God se lewegewende teenwoordigheid weggeneem. Sonde is presies die teenoorgestelde van God se wil vir die skepping. Ongehoorsaamheid aan God het die deur oopgemaak vir elke soort boosheid om deur te vloei na die mensdom en chaos en verwoesting te veroorsaak. En natuurlik sien ons elke dag bewyse van sonde in die wêreld om ons. Sonde was dalk nie die oorsaak van liggaamlike dood in jou lewe nie, maar sonde veroorsaak ook die dood van verhoudings en geleenthede.
Al is God se beeld in die mensdom nie vernietig nie, het dit duidelik verdof en verwring geraak. Ons het almal gesondig en ons sonde bring ’n groot verwydering tussen ons en God (Romeine 3:23). Geen hoeveelheid “goeie werke” kan die gaping tussen ons en God oorbrug en ons weer in sy heilige teenwoordigheid bring nie. Die betekenis van die woord sonde, soos dit in die Nuwe Testament gebruik word, is om “die doel te mis”. Dit beteken ons kyk na ’n morele standaard wat God gestel het en sê: “My wil, nie God se wil nie!” Dit is ’n ongelooflike verligting dat Jesus, wat ’n sondelose lewe gelei het, gekom het om alles wat sonde verwoes het te herstel (Romeine 3:24). Adam het in die Tuin van Eden gesondig deur te sê: “My wil, nie u wil nie, Here!” Duisende jare later, in die tuin van Getsemane, het Jesus gesê: “Laat nogtans nie my wil nie, maar u wil geld!” (Lukas 22:42 NLV).
Vra die Heilige Gees om enige sonde in jou lewe vir jou uit te wys. As iets by jou opkom, bely dit en vra vergifnis daarvoor. Gesels met ’n vriend wat Jesus liefhet; bring die sonde aan die lig sodat die vyand jou nie meer kan vashou met beskuldigings en skaamte nie. Wees dan bly oor God se vergifnis en die voorreg om ’n spieël te wees wat sy lig weerkaats in die wêreld om jou.
Deur Lené Jonck
Aangaande hierdie leesplan

Wat is die punt van die lewe? Bestaan God regtig? Gee Hy vir ons om? Kan ons Hom werklik ken? As jy al vrae soos hierdie gevra het, is hierdie 9-dag-leesplan vir jongmense ’n goeie plek om te begin om antwoorde te kry. Laat God toe om met jou te praat deur sy Woord oor hoe Hy is en wat Hy vir jou beplan, in hierdie lewe en die volgende.
More
Ons wil graag Shofar Christian Church bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: shofaronline.org
Verwante Leesplanne

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 3)

Onbeperkte Liefde

Leef Vervuld - 'n Reis deur Kolossense

Follow, Fellowship, Fish

Ek volg Jesus

Geroep deur God

Advent: Hy Spreek Sy Vrede Oor Sy Mense Uit

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 2)

Ons wag op 'n redder
