Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 2)Voorbeeld

Dag ses – Jesus seën die kindertjies
Het jy al ooit gevoel jy is oor die hoof gesien of onbelangrik?
Hierdie gedeelte lig vir ons twee belangrike goed uit.
In die eerste plek sien ons Jesus prioritiseer die wat oor die hoof gesien is. In daardie kultuur het kinders baie min waarde gehad, maar Hy onderbreek alles om hulle by Hom welkom te laat voel. Hy was nie te besig, te moeg of te belangrik nie. Hy wys vir ons dat in die koninkryk van God niemand onbelangrik is nie. Liefde sien en waardeer selfs diegene wat deur die wêreld geïgnoreer word.
Tweedens: Jesus sê iets radikaals: “... die koninkryk van God is juis vir mense soos hulle” (Markus 10:14 AFR 83). Hy het nie net die kinders geseën nie; Hy het hulle as ’n voorbeeld gebruik — kinderlike vertroue en nederigheid is die gesindheid wat ons nodig het om God se liefde te ontvang. En net soos Jesus, word ons geroep om die kwesbares te waardeer en te bemagtig.
Wat kan jy vandag doen? Miskien kan jy begin om deur ander lense te kyk – lense wat op die uitkyk is vir mense wat oor die hoof gesien of magteloos is. Miskien kan jy ’n stem wees vir iemand wat nie vir homself — of haarself — kan praat nie. Maar bowenal, miskien kan jy begin om deur kinderlike oë na jou omgewing te kyk.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die Christelike lewe gaan nie net daaroor om die waarheid te ken nie, maar om waarheid in aksie te word — mense deur wie die liefde van God sigbaar word in ons wêreld. Hierdie reis begin wanneer ons God se liefde persoonlik ontvang en toelaat dat sy Gees ons harte vorm, ons denke vernuwe en ons lewens in lyn bring met sy doel. In hierdie leesplan gaan ons saam ontdek wat dit beteken om liefde te word. Let wel: hierdie leesplan is deel twee van 'n vierdelige leesplan.
More
Ons wil graag Doxa Deo bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.doxadeo.org
Verwante Leesplanne

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 3)

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 4)

Geskenke van God

Gebede uit ’n Vrou se Hart

My Saligmaker Leef

Die Onbegryplikheid van God se Oneindigheid

Ek volg Jesus

Hoe Kosher is Jou Evangelisasie?

Advent: Hy Spreek Sy Vrede Oor Sy Mense Uit
