Een lewe: 'n Studie van integriteit in HebreërsVoorbeeld

Dag 14: Ons lewens herbelyn – ’n vernuwing van die denke
Waak by die hek van jou gedagtes
Die apostel Paulus gee vir ons goddelike raad wat ons in staat stel om daagliks ’n wag voor die hek van ons denke te plaas.
In die lewe kom uitdagings, bekommernisse en vrese dikwels onverwags — dinge wat ons gevoel van veiligheid bedreig en ons innerlike vrede versteur. Tog nooi Paulus ons om ’n ander fokus te kies: in plaas daarvan om in ’n afwaartse spiraal van negatiewe denke te val, dink aan dit wat waar, eerbaar, reg, rein, lieflik, prysenswaardig, voortreflik en lofwaardig is. Wanneer ons hierdie eienskappe toegang gee, maak ons die deur van ons hart wyd oop. Die gevolg is vrede — die vrede van God — en innerlike rustigheid.
Dink aan jou verstand as ’n tuin. Elke gedagte is ’n saad. Sommige sade groei tot ‘n lewegewende vrug; ander word onkruid wat die vrede verstik. Hierdie vers leer ons om doelgerigte tuiniers te wees — om te plant wat met God se karakter ooreenstem en uit te roei wat vreugde steel.
Van angs na vrede
Ons liggame is bedraad met die veg-of-vlug-reaksie — ’n gawe van God vir oomblikke van werklike gevaar. In ons moderne lewens skakel dit egter dikwels verkeerdelik aan in situasies wat kalmte en wysheid vereis. Die pad na vrede begin by dit waarop ons kies om te fokus.
Wanneer ons denke rus op God se waarheid en goedheid, stuur ons verstand ’n boodskap na ons hart: “Dit is veilig om Hom te vertrou.”
In plaas daarvan om slegte scenario’s te herkou, herkou ons God se beloftes. In plaas daarvan om te fokus op wat verkeerd kan loop, onthou ons wat lieflik en lofwaardig is. Hierdie verskuiwing ontken nie die werklikheid nie — dit herinterpreteer dit in die lig van wie God is.
Namate ons dit implementeer, oefen en as ’n lewensgewoonte kweek, ervaar ons die belofte van Filippense 4:9 (AFR53): " ... en die God van vrede sal met julle wees."
Gebedsrefleksie
Here, dankie dat ek gesien het hoe U oor tyd my denke verander. Heilige Gees, ek gee my weer oor aan u sagte, maar deeglike, werk in my lewe. In die Naam van Jesus. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

In Hebreërs ontmoet ons die Lewende Een wat in die middel van God se verhouding met die mensdom staan. Hier ontdek ons God se liefde in sy belofte om ons te herstel en aan ons ’n oorwinnende lewe te gee. Hierdie 15-dae leesplan neem ons op ’n reis — van moegheid na rus, van vervreemding na ’n plek waar ons behoort, en van alleenwees na die uitnodiging om deel te wees van God se familie.
More
Ons wil graag Doxa Deo bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.doxadeo.org
Verwante Leesplanne

Onbeperkte Liefde

Leef Vervuld - 'n Reis deur Kolossense

Geroep deur God

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 2)

Kersfees in Psalm 16: Volmaakte Vreugde

Follow, Fellowship, Fish

Ek volg Jesus

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 3)

Bible Basics: Om God te ken
