Een lewe: 'n Studie van integriteit in HebreërsVoorbeeld

Een lewe: 'n Studie van integriteit in Hebreërs

DAG 1 VAN 15

Dag 1: ’n Lewe van integriteit

In die veld van psigososiale ontwikkeling word integriteit gedefinieer as die volwassenheid van identiteit — om getrou aan jouself te wees — in verband met karakter, waardes en aksie. Dit is die kenmerk van ’n geïntegreerde lewe. Die apostel Paulus het ’n soortgelyke begeerte vir die kerk uitgespreek: “... tot 'n volwassenheid wat in ooreenstemming is met die volgroeide gestalte van die volheid van Christus” (Efesiërs 4:13–15 AFR20). Die Griekse woord wat hy gebruik het, teleios, beteken “dit wat volmaak is”. Dit dra die betekenis van volheid, integriteit en heelheid van ons nuwe identiteit.

Die goeie nuus van die evangelie is dat Jesus, deur een enkele offer, “hulle wat geheilig word, vir altyd vervolmaak” (Hebreërs 10:14 AFR20). Dit beteken dat ons, deur geloof in die volmaakte werk van Christus, sy volmaaktheid — teleios — vir ewig ontvang. Tog maak die skrywer van Hebreërs dit ook duidelik dat ons, in hierdie tydelike en aardse lewe, voortdurend volmaak gemaak word; geheilig word.

Hierdie vorm die kern van die Christelike lewe; ons word in werklikheid wat ons reeds in Christus is. Ons is tegelyk volmaak voor God, en word deur God volmaak gemaak; heilig voor God, en deur God geheilig. Ons identiteit en posisie is vasgemaak in Christus, terwyl ons steeds groei tot die volwassenheid van ons nuwe identiteit, en ‘n lewe van integriteit as bewys daarvan.

Gebedsrefleksie

Vader, dankie vir die gawe van volmaaktheid in Christus. Dankie dat ek, deur sy volmaakte offer, reeds volmaak is in u oë. Amen.

Aangaande hierdie leesplan

Een lewe: 'n Studie van integriteit in Hebreërs

In Hebreërs ontmoet ons die Lewende Een wat in die middel van God se verhouding met die mensdom staan. Hier ontdek ons God se liefde in sy belofte om ons te herstel en aan ons ’n oorwinnende lewe te gee. Hierdie 15-dae leesplan neem ons op ’n reis — van moegheid na rus, van vervreemding na ’n plek waar ons behoort, en van alleenwees na die uitnodiging om deel te wees van God se familie.

More

Ons wil graag Doxa Deo bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.doxadeo.org