Een lewe: 'n Studie van integriteit in HebreërsVoorbeeld

Dag 11: Gevorm na sy gelykenis – ’n vorm om aan te neem
Die pottebakker se plan
Een van die mees fassinerende dinge om te sien, is ’n pottebakker wat met ’n stuk rou, vormlose klei werk. Aan die begin, terwyl hy dit vorm, herwerk, opbou en weer afbreek, is daar vir die oningeligte oog nie veel skoons of inspirerends te sien nie.
Die kunstenaar het egter ’n duidelike beeld in gedagte. Hy weet wat hy maak en hy werk geduldig daaraan totdat die eindproduk wat hy beplan het, te voorskyn kom — gereed om vertoon of gebruik te word.
Die gedagte van God
Die beeld van ’n pottebakker wat sy klei vorm, is een van die mees algemene beelde wat ons oproep wanneer ons aan God dink wat ons vorm en modelleer. Dit is ook een van die mees opregte gebede van gelowiges wat hom of haar aan God se werk onderwerp: “Here, vorm my; ek is klei in u hande."
Hoewel dit noodsaaklik is om voortdurend gewillig te wees om aan God se werk oor te gee, is dit ewe belangrik om te verstaan dat ons in Christus reeds ’n nuwe skepping is (2 Korintiërs 5:17). Ons is nie half-gevormde wesens sonder identiteit nie — ons is herskep in Christus.
Met hierdie sekerheid van ons posisie in Christus, skryf Paulus in Romeine 8:29 dat God, wat jou vooruit geken en beplan het, van die begin af net een vorm vir jou lewe in gedagte gehad het — Christusgelykvormigheid. En Hy voer hierdie fyn en liefdevolle werk oor tyd uit — dit is nie ’n kits mikrogolfproses nie!
Die voorafgaande vers, Romeine 8:28, verseker ons dat God alles ten goede laat meewerk. Dit spreek van ’n proses — van tyd, sorg en doelgerigtheid.
Wat ervaar jy tans? Voel dit of die pottebakker aan ’n meesterstuk werk, of voel jy meer “onder konstruksie” en wonder jy wat hiervan gaan kom? Weet dit: as sy seun of dogter is God volkome daartoe verbind om jou omstandighede te gebruik om die werk wat Hy in jou begin het (Filippense 1:6) te voltooi — wat sal uitloop op ’n lewe wat al hoe meer aan die beeld van Christus gelyk word!
Gebedsrefleksie
Here, dankie dat ek ’n nuwe skepping in Christus is. Dit gee my moed om my weer oor te gee aan u liefdevolle hand, wat my al meer vorm na die beeld van Christus. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

In Hebreërs ontmoet ons die Lewende Een wat in die middel van God se verhouding met die mensdom staan. Hier ontdek ons God se liefde in sy belofte om ons te herstel en aan ons ’n oorwinnende lewe te gee. Hierdie 15-dae leesplan neem ons op ’n reis — van moegheid na rus, van vervreemding na ’n plek waar ons behoort, en van alleenwees na die uitnodiging om deel te wees van God se familie.
More
Ons wil graag Doxa Deo bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.doxadeo.org
Verwante Leesplanne

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 1)

Geroep deur God

Advent: Hy Spreek Sy Vrede Oor Sy Mense Uit

Onbeperkte Liefde

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 4)

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 3)

Leef Vervuld - 'n Reis deur Kolossense

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 2)

Ek volg Jesus
