Een lewe: 'n Studie van integriteit in HebreërsVoorbeeld

Dag 15: Ons lewens herbelyn – van kop tot hande
’n Praktiese geloof
Die Christelike geloof is ’n aktiewe, handelende geloof. Dit is ’n verhouding met God ons Vader, moontlik gemaak deur ons Verlosser Jesus Christus, en bemagtig deur die Heilige Gees.
God het Homself geopenbaar deur die menswording van sy Seun en dus “naby gekom” deur die menslike ervaring te deel. Jesus het gewys hoe ’n lewe in gemeenskap met die Vader en die Gees prakties en impakvol geleef kan word. Dit beteken dat ’n daaglikse lewe in noue verbondenheid met Jesus nie bloot iets abstrak of filosofies is nie. Namate die Heilige Gees my denke daagliks vernuwe, ontdek ek die vreugde van werklike, betekenisvolle, vlees-en-bloed-oomblikke met ander, waar my woorde en dade hulle seën.
Tot voordeel van ander
Hoe sou jy jou bydrae tot gesprekke beskryf — van ernstige, werkverwante vergaderings tot gesellige kampvuurpraatjies met geliefdes? Paulus skryf dat ons, wanneer ons met ander praat, ’n spesifieke doel voor oë moet hê. Dink aan ’n boogskutter wat mik na ’n teiken. Die doel is om die kolskoot te tref!
Net so moet ons woorde altyd op ’n spesifieke doel gerig wees: “… praat net wat goed en opbouend is volgens die eis van omstandighede, sodat dit julle hoorders ten goede kan kom” (Efesiërs 4:29 AFR83).
Gebedsrefleksie
Here Jesus, ek weet my woorde is dikwels doelloos en glip uit my mond sonder om na te dink oor hul effek op my luisteraars. Ek bekeer my hiervan en dank U vir u voortdurende werk van heiligmaking in my lewe.
"Mag wat ek sê en wat ek dink tog vir U aanneemlik wees, Here, my Rots en my Verlosser'" (Psalm 19:15 AFR83).
----------------------------------
Ons hoop jy het hierdie leesplan geniet. Ons sal graag van jou wil hoor en saam met jou verder op die reis gaan. Stuur vir ons ’n e-pos by hello@doxadeo.org of besoek ons webwerf https://www.doxadeo.org vir addisionele hulpmiddels.
Aangaande hierdie leesplan

In Hebreërs ontmoet ons die Lewende Een wat in die middel van God se verhouding met die mensdom staan. Hier ontdek ons God se liefde in sy belofte om ons te herstel en aan ons ’n oorwinnende lewe te gee. Hierdie 15-dae leesplan neem ons op ’n reis — van moegheid na rus, van vervreemding na ’n plek waar ons behoort, en van alleenwees na die uitnodiging om deel te wees van God se familie.
More
Ons wil graag Doxa Deo bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.doxadeo.org
Verwante Leesplanne

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 2)

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 3)

Ons wag op 'n redder

Follow, Fellowship, Fish

Geroep deur God

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 1)

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 4)

Onbeperkte Liefde

Ek volg Jesus
