Leesplan inligting

Die Gelykenisse van JesusVoorbeeld

The Parables of Jesus

DAG 33 VAN 36

DIE TALENTE

Die vraag is nie hoeveel jy het nie, maar wat jy doen met wat jy het! In hierdie gelykenis kan die werkers nie kies hoeveel talente hulle kry nie; hulle is net verantwoordelik vir wat hulle daarmee doen.



Watter talente, gawes, passies, geleenthede, ens. het God jou gegee? Wat doen jy daarmee? Wag jy vir nog geleenthede, meer geld, nog mense, meer nood voor jy iets doen? Is jy so bang vir wat verkeerd kan gaan dat jy liewer niks doen nie?



God is 'n goeie Vader; Hy word nie kwaad wanneer sy kinders geloofstreë gee om hul Godgegewe gawes en talente vir doeleindes van sy koninkryk te gebruik nie. Sy teregwysing kom wanneer ons wag — óf as gevolg van vrees óf 'n begeerte vir meer talente — wat uiteindelik daartoe lei dat ons niks doen nie! Moenie toelaat dat die talente wat God jou gegee het vandag vermors word nie — wees dapper en gebruik dit vir God se koninkryk!
Dag 32Dag 34

Aangaande hierdie leesplan

The Parables of Jesus

Hierdie leesplan neem jou deur gelykenisse van Jesus en ontdek wat sommige van sy grootste leerstellings vir jou beteken! Die leser kry genoeg tyd om op datum te bly met die leesplan en daaroor na te dink en aangemoedig ...

More

We would like to thank Trinity New Life Church for this plan. For more information, please visit: http://www.trinitynewlife.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid