Bly In Jesus - Dra Vrugte Wat HouVoorbeeld

Bly In Jesus - Dra Vrugte Wat Hou

DAG 4 VAN 43

Vertrou Die Boer Se Besnoeïng

Lees: Johannes 15:2

Soap: Johannes 15:2

Elke loot aan My wat nie vrugte dra nie, sny Hy af; maar elkeen wat vrugte dra, snoei Hy reg, sodat dit nog meer vrugte kan dra.

Oordenking

Ek sal nooit die dag vergeet toe ons nuwe tuindienste gekom het om ons tuin te "behandel en snoei" nadat ons in ons huis ingetrek het nie. Wat ek nie besef het nie is dat dit die snoeiseisoen was. Teen die tyd wat hulle klaar was het hulle die roosbosse so teruggesny dat dit soos stokkies gelyk het. Ek het gewonder of hulle oorleef het.

Tot my verbasing het hulle nie net teruggegroei nie, maar hulle het voller, sterker en mooier as ooit tevore gegroei. Alhoewel dit gevoel het of dit fel was, het ek geleer dat besnoeïng die bosse toegelaat het om gesonder te groei en meer blomme te dra.

God, ons liefdevolle Tuinier, doen dieselfde met ons. Hy verwyder die dele van ons lewens wat groei verhinder, Hy sny dít weg wat ons daarvan weerhou om geestelike vrug te dra. God se snoeiwerk mag lyk soos om 'n verhouding te verloor, siekte, die dood van 'n geliefde, 'n moeilike huwelik, 'n traumatiese ervaring, om vir 'n seisoen terug te tree, of om van ou gewoontes of belangrike planne wat jy gehad het, afstand te doen. Hierdie ontberings word nie na willekeur gestuur nie, maar deur 'n wyse Tuinier wat presies weet wat elkeen van ons nodig het om 'n tak te word wat vrugte dra.

Ons lewens en die vrugte wat ons dra is bedoel om God te eer en ander te seën. Dit is waarom ons Hemelse Vader ons nie sal los soos ons is nie. Om gedissiplineer of gesnoei te word kan ons seermaak, maar dit sal ons nooit beskadig nie. God wil altyd die beste vir ons hê en ons kan Hom vertrou met elke "behandel en snoei" wat Hy in ons lewens doen.

Gebed

Dierbare Jesus, dankie dat U my so lief het dat U seisoene van besnoeïng stuur. Help my om U tydens hierdie tye te vertrou, wetende dat U in my lewe werk om my meer soos U te maak. Amen.

Aangaande hierdie leesplan

Bly In Jesus - Dra Vrugte Wat Hou

Het jy al ooit gewonder wat dit beteken om "in Jesus te bly"? Om so nou aan Hom verbind te leef dat sy liefde, krag en wysheid na elke aspek van jou lewe toe oorvloei? In hierdie leesplan gaan ons vir ses weke lank deur sorgvuldig uitgesoekte Skrifgedeeltes, dagstukkies en praktiese insigte leer hoe ‘n lewe lyk wat gewortel is in Christus en wat bekragtig en verander word deur Hom.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.lovegodgreatly.com/Afrikaans