Bly In Jesus - Dra Vrugte Wat HouVoorbeeld

Oordenkingsvrae:
1. In watter areas van jou lewe voel jy hoe God, die Tuinier, jou liefdevol snoei of bearbei? Hoe kan deur aan Jesus, die Ware Wingerdstok te bly, jou help om in daardie areas te groei en vrug te dra?
2. Dink aan 'n tyd toe dit pynlik of moeilik gevoel het toe God iets uit jou lewe verwyder het of 'n area gesnoei het. As jy terugkyk, hoe kan jy sy doel of goedheid in daardie seisoen van snoei sien?
3. In watter areas van jou lewe voel jy hoe God besig is om jou hart en begeertes te vorm? Hoe kan die wete dat Hy beide die krag en die begeerte om te groei verskaf, jou aanmoedig om meer volkome aan Hom oor te gee?
4. Wat is 'n paar spesifieke maniere waarop jy God se lig hierdie week deur jou lewe kan laat skyn, sodat ander Hom duideliker kan sien? Hoe kan 'n hart van dankbaarheid jou help om sy liefde aan diegene rondom jou te weerspieël?
5. Is daar enigiets in jou lewe wat jy deur belydenis na God se lig moet bring? Hoe kan gereelde belydenis van jou sondes jou gemeenskap met Hom verdiep en toelaat dat sy genade meer volledig in jou hart werk?
Aangaande hierdie leesplan

Het jy al ooit gewonder wat dit beteken om "in Jesus te bly"? Om so nou aan Hom verbind te leef dat sy liefde, krag en wysheid na elke aspek van jou lewe toe oorvloei? In hierdie leesplan gaan ons vir ses weke lank deur sorgvuldig uitgesoekte Skrifgedeeltes, dagstukkies en praktiese insigte leer hoe ‘n lewe lyk wat gewortel is in Christus en wat bekragtig en verander word deur Hom.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.lovegodgreatly.com/Afrikaans