Bly In Jesus - Dra Vrugte Wat HouVoorbeeld

Bly In Jesus - Dra Vrugte Wat Hou

DAG 1 VAN 43

Welkom by ons Bybelstudie: Bly In Jesus - Dra Vrugte Wat Hou.

Het jy al ooit gewonder wat dit beteken om in Jesus te bly? Om so nou aan Hom verbind te leef dat sy liefde, krag en wysheid na elke aspek van jou lewe toe oorvloei?

In ‘n wêreld wat ons in soveel rigtings trek, bied Jesus iets beters aan. Hy bied ‘n lewe wat in Hom gewortel is waar sy krag ons s’n raak, sy liefde ons harte vul en sy wysheid ons elke dag lei. Dit is wat dit beteken om te bly.

In Bly in Jesus: Dra vrugte wat hou, gaan jy ‘n ses weke lange reis onderneem tot in die hart van Jesus se opdrag om in Hom te bly. Deur sorgvuldig uitgesoekte Skrifgedeeltes, dagstukkies en praktiese insigte wys hierdie studie hoe ‘n lewe lyk wat gewortel is in, en bekragtig en verander word deur Christus.

Elke week sal jou dieper lei in die proses van bly ─ van ‘n begrip wat dit beteken om vrugte te dra, in gehoorsaamheid te wandel, in die Woord van God gegrond te wees, en sy liefde so uit te leef dat die wêreld daardeur geraak word.

Ongeag of jy na ‘n hernieude intimiteit met God hunker of ‘n dieper begrip begeer van wat dit beteken om jou geloof uit te leef, Bly in Jesus: Dra vrugte wat hou sal jou aanmoedig om verbind te bly aan die Een wat jou lewensbron is.

Indien jy meer te wete wil kom van ons nie-winsgewende bediening en missie by LGG, en vir nog meer studies, besoek ons aanlyn. Ons sien daarna uit om in die Woord van God te delf en afhanklikheid, doel en vreugde te ontdek deur in Jesus te bly.

__________________________________________

Hier by "Love God Greatly Afrikaans" gebruik ons die "SOAP"-metode vir ons Bybelstudies.

Wat is SOAP?

Hierdie metode maak dit vir jou moontlik om dieper in die verse te delf en meer te sien as wanneer jy net eenvoudig die verse lees en dan aangaan. Ons wil jou aanmoedig om tyd in te ruim om die daaglikse verse te lees en self te sien hoeveel meer jy elke dag uit jou stiltetyd kan kry.

Wat beteken "SOAP"?

Die S staan vir "Scripture":

Jy skryf die teksverse neer. Jy sal verbaas wees om te sien wat God in sy Woord aan jou openbaar deur net tyd in te ruim om die verse neer te skryf.

Die O staan vir "Observation":

Wat sien jy in die verse wat jy lees? Wie is die gehoor? Is daar ‘n herhaling van woorde? Watter woorde staan vir jou uit?

Die A staan vir "Application":

Dit is wanneer jy die Woord van God persoonlik toepas. Wat sê God vandag vir my? Hoe kan ek dít wat ek nou net gelees het in my eie lewe toepas? Is daar iets wat ek moet doen? Watter veranderinge moet ek aanbring?

Die P staan vir "Prayer":

Bid tot God en praat met Hom oor die Skrifgedeelte wat jy so pas bestudeer het. As Hy iets aan jou in sy Woord geopenbaar het, bid daaroor. Bely die sonde in jou lewe wat Hy vir jou uitgewys het.

___________________________________________

Inleiding:

Om in Jesus te bly klink of dit so eenvoudig moet wees, nê? Bly net aan Jesus verbind. Put jou krag uit Hom en leef in sy liefde. In die praktyk kan dit moeilik voel, veral in 'n wêreld wat ons in so baie rigtings trek. Waarom voel dit soms so moeilik om gewortel te bly, sodat sy liefde, vrede en doel elke deel van wie ons is, vorm? Miskien lê 'n deel van die antwoord daarin om die agtergrond van Jesus se woorde in Johannes 15 te verstaan.

Die nag voordat Hy verraai is, het Jesus sy dissipels bymekaargebring vir een laaste maal saam, genoem die Laaste Avondmaal. Met slegs ure voor sy gevangenisneming en met die wete van die lyding wat vir Hom voorlê — nie net sy eie kruisiging nie, maar ook die beproewings, vrese en uitdagings wat sy dissipels binnekort in die gesig sou moes staar — het Jesus sy laaste woorde versigtig gekies. En in daardie oomblik was sy boodskap aan hulle duidelik: “Bly in My.

Jesus se woorde in Johannes 15 is die hart van sy laaste onderrig. Hy het geweet dat sy dissipels binnekort uitmekaar verstrooi sou word, dat hulle bang sou wees en 'n wêreld in die gesig sou staar wat donker en verwarrend sou voel sonder sy fisieke teenwoordigheid. Hy het geweet dat hulle iets sou benodig om hulle te onderhou en hulle deur die moeilikste dae te dra. Dus het Hy hulle aangespoor om in Hom te bly, soos takke wat aan 'n windgerdstok verbind was. Om in Hom te bly sou hul lewenslyn wees. Dit sou hulle bron van krag, hoop en veerkragtigheid wees in die dae wat voorlê.

Net soos sy dissipels in Hom moes bly om die onbekende te kon navigeer, moet ons ook aan Jesus verbind bly om die worstelinge, onsekerhede en afleidings van ons eie lewens in die gesig te staar. Jesus leer ons dat die geheim van om met volheid te leef, is om vrug te dra—vrug wat ander sal seën, ons sal versterk en die mees belangrike, vir God sal eer.

In hierdie studie sal ons bestudeer wat dit beteken om in Jesus te bly, om daagliks nader aan Hom te kom en sy lewe deur ons te laat vloei. Terwyl ons sy laaste woorde aan sy dissipels lees, sal ons leer wat dit beteken om in Hom gewortel te bly, nie net in die maklike tye nie, maar in die beproewings, uitdagings en onverwagte tye. Ons sal saam reis in die hart van om te bly en vrede, krag en 'n oorvloedige lewe ontdek wat voortvloei daaruit wanneer ons na aan die ware Wingerdstok bly. Jesus nooi ons om in Hom te bly. Wanneer ons dit doen, vind ons die vreugde en doel van 'n lewe wat ten volle tot sy eer geleef word.

Om in Hom te bly sou hul lewenslyn wees. Dit sou hulle bron van krag, hoop en uithouvermoë wees in die dae wat voorlê.

Aangaande hierdie leesplan

Bly In Jesus - Dra Vrugte Wat Hou

Het jy al ooit gewonder wat dit beteken om "in Jesus te bly"? Om so nou aan Hom verbind te leef dat sy liefde, krag en wysheid na elke aspek van jou lewe toe oorvloei? In hierdie leesplan gaan ons vir ses weke lank deur sorgvuldig uitgesoekte Skrifgedeeltes, dagstukkies en praktiese insigte leer hoe ‘n lewe lyk wat gewortel is in Christus en wat bekragtig en verander word deur Hom.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.lovegodgreatly.com/Afrikaans