Bly In Jesus - Dra Vrugte Wat HouVoorbeeld

Bly In Jesus - Dra Vrugte Wat Hou

DAG 7 VAN 43

Wandel Deur Belydenis In Die Lig

Lees: 1 Johannes 1:6

Soap: 1 Johannes 1:6

As ons beweer dat ons aan Hom deel het, en ons lewe in die duisternis, lieg ons en handel ons nie volgens die waarheid nie.

Oordenking

Om in Christus te bly, beteken om te kies om in sy lig te wandel, oop en eerlik voor Hom te leef, en toe te laat dat sy waarheid elke aspek van ons lewens vorm. Sonde maak egter inbreuk op hierdie verhouding en veroorsaak ‘n afstand tussen ons en God.

Dit is waarom ons in die gewoonte moet kom om ons sondes gereeld teenoor God te bely. Belydenis is ‘n kragtige, bevrydende praktyk wat ons harte vry en in lyn met God hou. Dit gaan nie net daaroor om ‘n lys van ons oortredings te maak en sonder verandering aan te beweeg nie. Dit gaan daaroor om al ons sondes voor Hom te bring omdat ons werklik berou het, ons volkome aan sy genade oor te gee, en nederig en gehoorsaam te leef.

Wanneer ons bely, kom Jesus in ons gebrokenheid in en genees ons. Hy herinner ons dat sy liefde en genade groter as ons mislukkings is.

Hierdie voortgaande proses van belydenis en reiniging is noodsaaklik om vrug te dra. Net soos ‘n wingerdstok skoon, onbelemmerde deurgang moet hê om voedingstowwe by die lote uit te kry, moet ons die deurgang na Christus oop hou. Wanneer ons bely, laat ons die Heilige Gees toe om al die opgehoopte vuil uit te spoel. Dit is hier waar ware vrugte gebore word, nie uit ons eie pogings nie, maar uit ‘n hart wat volkome aan Hom oorgegee is.

Om in Christus te bly is ‘n vertrouensdaad. Selfs al skiet ons tekort, is Hy getrou om ons te herstel. Belydenis is nie ‘n las nie maar ‘n uitnodiging om van ons skuld ontslae te raak, meer intiem met Jesus te wandel, en sy liefde diep in ons harte te laat werk.

Gebed

Dierbare Jesus, dankie vir u ontferming. Help my om na aan U te bly deur my sondes teenoor U te bely en toe te laat dat u genade my reinig en herstel. Amen.

Aangaande hierdie leesplan

Bly In Jesus - Dra Vrugte Wat Hou

Het jy al ooit gewonder wat dit beteken om "in Jesus te bly"? Om so nou aan Hom verbind te leef dat sy liefde, krag en wysheid na elke aspek van jou lewe toe oorvloei? In hierdie leesplan gaan ons vir ses weke lank deur sorgvuldig uitgesoekte Skrifgedeeltes, dagstukkies en praktiese insigte leer hoe ‘n lewe lyk wat gewortel is in Christus en wat bekragtig en verander word deur Hom.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.lovegodgreatly.com/Afrikaans