'n Paasfees vol liefdeVoorbeeld

Het Jesus dalk afgetree?
Toe ek as kind ’n keer vir my oupa vra wat hy doen, het hy geantwoord: “Nie te veel nie, want ek is met pensioen.” Ek het nie verstaan wat dit beteken nie. Toe verduidelik hy vir my hy het afgetree. Dadelik vra ek toe vir hom of Jesus ook met pensioen is. Hy wou weet hoekom ek so iets vra. Ek verduidelik toe dat die dominee vir ons vertel het Jesus se werk was afgehandel nadat Hy aan die kruis gesterf het. “Dit is hoekom Hy nou met pensioen in die hemel moet wees,” was my afleiding.
Nee, gelukkig het Jesus nog nie klaar gewerk nie. Sy laaste woorde in Matteus 28 is dat Hy by ons is al die dae tot aan die einde van die wêreld. Ook sê Jesus in Matteus 18 dat Hy altyd daar sal wees wanneer twee of drie in sy Naam vergader. Elders in die Nuwe Testament hoor ons ook hoedat Christus steeds by sy kerk is. Hy het selfs aan Paulus verskyn op die pad na Damaskus in Handelinge 9. Ook verskyn Hy in Openbaring 1 aan Johannes op die eiland Patmos.
Christus is vandag steeds hier. Ja, die Gees is ook by ons. Jesus het egter definitief nie afgetree nie. As Here is Hy in die hemel aan God se regterhand, maar Hy is ook hier by ons. Jesus se werk is nog lank nie klaar nie. Goddank!
Hierdie oordenkings is geneem uit GEREED VIR VANDAG deur Stephan Joubert © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

God is genadig. Daarom gryp Hy van die begin af in mense se lewens in. Sonder dat ons dit verdien, soek Hy ons op om ons te oorrompel met sy liefde en goedheid. Dit is presies waaroor die kruis van Jesus handel. Dit vertel in een woord alles oor sy liefde vir ons ten spyte van ons sondige keuses.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: cumbooks.co.za