'n Paasfees vol liefdeVoorbeeld

Die kruis is nie ’n vroom fotosessie nie
“Selfies” saam met bekendes is gewild. Almal wil graag foto’s saam met hulle helde hê. Mense wou nog altyd in die teenwoordigheid van bekendes gesien word. In die era voor kameras was dit ook die geval. Toe het baie mense hulleself sommer in skilderye saam met Jesus laat inverf. Veral in skilderye van sy kruisiging was daar gedurig ’n klompie eietydse heiliges rondom Hom. Meestal het dit die weldoeners ingesluit wat vir daardie skilderye betaal het. Hulle vriende en geestelike leiers is terselfdertyd ook ingeverf in die kring wat met biddende hande rondom Jesus se kruis versamel was. In vandag se taal sou ons sulke skilderye die “selfies” van die Middeleeue kon noem.
Wel, die kruis is nie ’n vroom fotosessie saam met Jesus nie. Dit is die plek van verlatenheid en dood. Hier word Jesus verneder. Hier betaal Hy vir ons skuld en oortredinge. Hier verslaan Hy alle teenmagte. Hier gaan Jesus dood. Dit is presies wat die kruis vir die hemel gekos het. Daarom moet ons altyd onthou hoe Jesus vir ons gely het. Ons rou vandag nog oor wat dit Hom gekos het. Ons kyk na sy kruis en ons is verslae. Ons buig in eerbied voor God wat sy liefde hier vir ons kom wys het. Maar ons kyk ook vorentoe. Ons kyk altyd na Sondag wat op pad is … Opstandingsondag!
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

God is genadig. Daarom gryp Hy van die begin af in mense se lewens in. Sonder dat ons dit verdien, soek Hy ons op om ons te oorrompel met sy liefde en goedheid. Dit is presies waaroor die kruis van Jesus handel. Dit vertel in een woord alles oor sy liefde vir ons ten spyte van ons sondige keuses.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: cumbooks.co.za