'n Paasfees vol liefdeVoorbeeld

'n Paasfees vol liefde

DAG 6 VAN 7

Die kruis skok vandag nog

As ék ’n godsdiens moes uitdink, sou ek definitief nie ’n verhaal opgedis het waarin die hooffiguur aan ’n kruis sterf nie. Kruisigings was net te skokkend om deel van ’n verhaal uit te maak waar dit die Messias is wat daar hang. Die Romeinse regsgeleerde, Cicero, sê in een van sy geskrifte dat alle verwysings na kruisigings eintlik vir Romeinse burgers verbode moes gewees het – ver verwyderd van hulle liggame, hulle gedagtes, hulle oë en hulle ore. Die enigste beperking op die wreedheid waarmee kruisigings gepaardgegaan het, berus by die Romeinse offisiere aan diens by sulke teregstellings. Toe beland Jesus aan ’n kruis.

In 1 Korintiërs 1:18-25 skryf Paulus dat die Grieke dink die kruis is onsin. Die Jode dink dit is absurd dat die Messias daar sou hang. Paulus self beskryf Jesus se kruisiging as ’n “skandalon”, ’n reuse aanstoot. Paulus het dit goed verstaan, want hy was ook eers ’n vyand van die kruis. Hy was self oortuig hierdie verhaal is ’n klug. Geen Messias kon in sulke swakheid daar hang nie. Toe loop hy eendag in Christus vas op die pad na Damaskus toe. Hierdie kop-aan-Kop-botsing was noodlottig. Die ou Saulus het gesterf. ’n Nuwe mens het opgestaan. Van toe af was Christus sy lewe, en die kruis was die hartklop van sy teologie. Terloops, die kruis is nou nog ’n aanstoot, én ’n plek van redding!

Aangaande hierdie leesplan

'n Paasfees vol liefde

God is genadig. Daarom gryp Hy van die begin af in mense se lewens in. Sonder dat ons dit verdien, soek Hy ons op om ons te oorrompel met sy liefde en goedheid. Dit is presies waaroor die kruis van Jesus handel. Dit vertel in een woord alles oor sy liefde vir ons ten spyte van ons sondige keuses.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: cumbooks.co.za