'n Paasfees vol liefdeVoorbeeld

Ons sal eendag verstaan
Die Britse skilder, Chantal Joffe, het ’n keer gesê: “Jy kan nie die werklikheid skilder nie. Jy kan slegs jou eie plek daarin skilder, soos jy die prentjie sien, en soos deur jou eie hande na vore gebring word." Inderdaad. Dit is verwaand om te dink ons kan alles verstaan. Of alles verklaar. Of dat ons al die antwoorde het. Saam met Paulus in 1 Korintiërs 13 bely ons ons ken slegs gedeeltelik, en ons verstaan gedeeltelik. Ons kyk deur ’n spieël in ’n raaisel.
Al verstaan ons egter nie alles nie, verstaan ons genoeg van die lewe om reg te kan leef. Ons verstaan ook genoeg van God. Ons verstaan genoeg van Hom om te weet Hy is liefde – dat sy liefde ook ’n kruis insluit. Deur sy liefde is sy eie Seun in ons plek geoffer. Ons verstaan ook dat ons die Here met alles in ons moet liefhê, net so ander mense ook. Ons weet ook ons God se handewerk moet oppas. Ons verstaan dat ons geroep is om te doen wat reg is, al is die lewe nie regverdig nie. Ons skilder ons eie plekkie hier in die wêreld op stylvolle maniere tot eer van die Here. Ons doen dit deur reg te leef en deur aan die Here gehoorsaam te wees. Ons laat ons voetspore met integriteit agter op elke stukkie van daardie palet wat ons met ons eie lewe tot eer van die Here skilder.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

God is genadig. Daarom gryp Hy van die begin af in mense se lewens in. Sonder dat ons dit verdien, soek Hy ons op om ons te oorrompel met sy liefde en goedheid. Dit is presies waaroor die kruis van Jesus handel. Dit vertel in een woord alles oor sy liefde vir ons ten spyte van ons sondige keuses.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: cumbooks.co.za