'n Paasfees vol liefdeVoorbeeld

Kyk af om Jesus raak te sien
Johannes 13-17 vertel van ons Here Jesus se laaste gesprekke met sy dissipels kort voor Hy in Getsemane gevange geneem word. Johannes wy ’n volle vyf hoofstukke aan hierdie kosbare paar uur van Jesus se lewe voordat sy Via Dolorosa begin. Trouens, dit is die langste onderrig van Jesus in al die evangelies en gebeur alles op een aand. Johannes wil ons juis hier in die hart van ons Here Jesus inlei. Hierdie onderrig word ingelei met ’n voetwassing. Jesus begin hierdie gesprek letterlik op sy knieë.
As jy God se Seun daardie aand in Jerusalem kort voor sy eie kruisiging wil raaksien, moet jy afkyk. Hy is daar aan die voete van sy dissipels, besig om die mees onrein werk denkbaar te doen. Hy was hulle voete. So onrein was hierdie werk dat nie eens Joodse slawe dit gedoen het nie. Jesus kies egter om dit te doen. Hy kies om af te buk en voor sy eie dissipels te kniel. Boonop doen Hy dit in hierdie oomblikke as hulle Heer en Leermeester. So lyk Jesus in volkleur. Dit is nie ’n rol wat Hy vinnig hier speel voordat Hy aan die kruis gaan sterf nie. Jesus is werklik ons dienende Heer. Sy voetwassing getuig hiervan. Sy kruisiging bewys dit. Jesus gee Homself sodat ons kan leef. Ons moet almal sy voorbeeld van nederigheid en diens navolg.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

God is genadig. Daarom gryp Hy van die begin af in mense se lewens in. Sonder dat ons dit verdien, soek Hy ons op om ons te oorrompel met sy liefde en goedheid. Dit is presies waaroor die kruis van Jesus handel. Dit vertel in een woord alles oor sy liefde vir ons ten spyte van ons sondige keuses.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: cumbooks.co.za