Leef vir die ewigheidVoorbeeld

’n Waarborg
Die prediker Charles Haddon Spurgeon het eenkeer gesê God sal ons nooit vergeet nie, want Christus het ’n baie duur prys vir ons betaal.
Die Here sal ons nooit vergeet nie, want Hy het sy lewe vir ons gegee. Ons lees immers in Johannes 15:13 (NLV): “Niemand het ’n groter liefde as hierdie nie: dat iemand sy lewe opoffer ter wille van sy vriende.”
Dit is presies wat Jesus vir my en jou gedoen het. En omdat Hy dit vir ons gedoen het, kan ons daardie heerlike versekering hê. Dalk twyfel jy nog terwyl jy hierdie dagstukke lees en is jy nog nie heeltemal seker dat jy die ewigheid gaan beërf nie. Dalk is jy nog nie heeltemal oortuig dat die Here dit alles kan doen nie. Dan moet jy weer dink aan Spurgeon se woorde dat Christus ’n te duur prys vir ons betaal het om ons te vergeet. Ons moet dit altyd onthou.
Wanneer iemand ’n duur prys betaal vir iets, kan jy verseker wees dat hy nie daarvan gaan vergeet nie. Jesus sal seker maak dat ek en jy die hemel bereik as ons lewe soos Hy in sy Woord en deur die Heilige Gees vir ons wys om te leef.
Aangaande hierdie leesplan

Jesus het vir Tomas gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom by die Vader uit behalwe deur My nie” (Johannes 14:6, NLV). Jesus is die enigste pad wat ons by die ewige lewe sal uitbring. Tomas het nie besef die pad is reg voor sy oë nie. Angus Buchan wil jou herinner dat jy dit ook nie moet miskyk nie!
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: cumbooks.co.za