Leef vir die ewigheidVoorbeeld

Ons weet vir seker
Die sekerheid van jou verlossing en om eendag saam met Jesus in die hemel te wees, is nie iets waarvoor jy kan werk nie. Dit maak nie saak vir hoeveel honger mense jy kos gee, hoeveel armes jy help of hoe hard jy op die sendingveld werk nie — niks hiervan gaan vir jou ’n plek in die hemel verseker nie. Die enigste ding wat ons plek in die hemel sal verseker, is ons geloof. Hieroor is Romeine 10:9 baie duidelik.
Goeie mense gaan nie hemel toe nie, gelowige mense gaan hemel toe. Daarom maak dit nie saak hoe hard jy werk nie, as jy ons Here en Verlosser nie persoonlik ken en Hom as jou Saligmaker aanvaar nie, sal jy nie hemel toe gaan nie.
Ek het die Here op 32-jarige ouderdom gesoek. Ek het alles probeer. Ek onthou my ma het vir my ’n Bybel gegee toe ek ’n kind was, maar ek het dit nie verstaan nie, want die vertaling was bo my vuurmaakplek. Ek het alles probeer wat ek kon. Ek het Sondagskool gegee toe ek nog self op skool was. Ek het met my fiets gery en die kerk Sondagoggende voor die oggenddiens gaan oopsluit en ek sou dit ná die aanddiens weer gaan toesluit. Dit sou my egter nie in die hemel kry nie. Dit was eers nadat ek Jesus op 18 Februarie 1979 as my opgestane Here en Verlosser aanvaar het dat ek vir seker geweet het ek gaan hemel toe wanneer ek eendag sterf.
Maak vandag nog seker dat jy Hom ken.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Jesus het vir Tomas gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom by die Vader uit behalwe deur My nie” (Johannes 14:6, NLV). Jesus is die enigste pad wat ons by die ewige lewe sal uitbring. Tomas het nie besef die pad is reg voor sy oë nie. Angus Buchan wil jou herinner dat jy dit ook nie moet miskyk nie!
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: cumbooks.co.za