Leef vir die ewigheidVoorbeeld

Leef vir die ewigheid

DAG 1 VAN 7

Ken die weg

Hoe nader ons aan die eindtyd beweeg, hoe belangriker word dit dat ons die pad na die ewigheid sal ken. Ons moet weet hoe om by ons ewige tuiste uit te kom. Dit sal geen nut hê om aan die einde te begin skarrel en die pad te soek nie.

Jesus het vir sy dissipels gesê dat Hy vir hulle plek gereed gaan maak by sy Vader en dan terugkom om hulle na Hom toe te neem. Hy het ook gesê hulle weet “hoe om daar te kom” (Johannes 14:4).

Tomas het na Jesus toe gegaan en vir Hom gesê hulle ken nie die pad nie. “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom by die Vader uit behalwe deur My nie” (Johannes 14:6). Wie van ons ken nié die pragtige antwoord van Jesus nie?

Jesus is die enigste pad wat ons by die ewige lewe sal uitbring. Tomas het nie besef die pad is reg voor sy oë nie. Ons moet dit ook nie miskyk nie. Dit is nie moeilik om dié pad te vind nie.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Leef vir die ewigheid

Jesus het vir Tomas gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom by die Vader uit behalwe deur My nie” (Johannes 14:6 NLV). Jesus is die enigste pad wat ons by die ewige lewe sal uitbring. Tomas het nie besef die pad is reg voor sy oë nie. Angus Buchan wil jou herinner dat jy dit ook nie moet miskyk nie!

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: cumbooks.co.za