Leef vir die ewigheidVoorbeeld

Die Man wat vir jou gesterf het
Ek het die storie gelees van ’n man wat ’n kerkdiens bygewoon het, maar niks in die boodskap het die dag tot hom gespreek nie. Heel aan die einde, toe die prediker kniel om te bid, het hy gesê: “Here, U weet ons kan die Man wat vir ons gesterf het, vertrou.” Hierdie woorde het die man diep geraak.
Wie kan ons vandag vertrou? Ons kan onsself nie eens vertrou nie! Maar ons kan die Man vertrou wat vir ons gesterf het. Ek moedig jou vandag aan om al jou vertroue in die Here te plaas. Hy sal my en jou nooit teleurstel nie. God het sy enigste Seun aarde toe gestuur en Hy het uit liefde vir jou gesterf (Joh. 3:16). Daarom jy Hom volkome vertrou.
Dink vandag hieroor na. Jy kan die Man wat vir jou gesterf het, vertrou. As jy Hóm nie kan vertrou nie, wie kan jy dan vertrou? Daar is niemand anders nie. Ek het my vertroue meer as 45 jaar gelede in Hom gestel en ek het Hom nou liewer as ooit tevore. Ek gee alles wat ek het — my familie, my lewe, my visie en my gesondheid — in sy hande oor, want ek weet Hy het my lief.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Jesus het vir Tomas gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom by die Vader uit behalwe deur My nie” (Johannes 14:6, NLV). Jesus is die enigste pad wat ons by die ewige lewe sal uitbring. Tomas het nie besef die pad is reg voor sy oë nie. Angus Buchan wil jou herinner dat jy dit ook nie moet miskyk nie!
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: cumbooks.co.za