Leef vir die ewigheidVoorbeeld

Leef vir die ewigheid

DAG 4 VAN 7

Moenie uitstel nie

Ons kan nie langer uitstel nie. Jesus Christus gaan enige oomblik terugkom.

Ons moet vandag nog besluit of ons Hom gaan volg. Gaan Hy ons getrou bevind wanneer Hy terugkom? Sal Hy ons kry waar ons Hom aanbid? Sal Hy ons kry waar ons vir Hom opstaan? Sal ons besig wees om sy Naam te verkondig? Jesus het dit tog baie duidelik gemaak: As ons ons vir Hom skaam, sal Hy ons ook nie voor sy Vader erken nie (Matteus 10:33).

Ons het nie meer tyd om te wag nie. Ons kan nie sê ons gaan dit môre doen nie, want ons het dalk nie môre nie. Vandag is die dag van redding. Dit is tyd om ons lewens in orde te kry vir wanneer die Here terugkeer. Of ons nou wag vir sy wederkoms of om Hom in die hemel te ontmoet, is nie belangrik nie. Die belangrikste is dat ons gereed sal wees vir die dag wat die Here ons roep.

Moenie uitstel nie. Die oomblik om Hom in jou lewe te aanvaar, is nou. Stel die dinge in jou lewe reg wat reggestel moet word.

Aangaande hierdie leesplan

Leef vir die ewigheid

Jesus het vir Tomas gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom by die Vader uit behalwe deur My nie” (Johannes 14:6, NLV). Jesus is die enigste pad wat ons by die ewige lewe sal uitbring. Tomas het nie besef die pad is reg voor sy oë nie. Angus Buchan wil jou herinner dat jy dit ook nie moet miskyk nie!

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: cumbooks.co.za