Mislukking Is Nie Die Einde NieVoorbeeld

Hoe om geestelike mislukking te oorwin (2)
Hoe oorkom ek mislukking, veral geestelike mislukking?
1. Versuim om wysheid te soek: Te dikwels vertrou ons ons eie wysheid en ervaring. Dit is maklik om in die strik te trap deur te dink jy beskik oor alle ervaring en kundigheid. Dit lei maklik daartoe dat ons ons eie planne maak. Ons moet bid om wysheid en onderskeidingsvermoë. "As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt" (Jakobus 1:5). "Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop. Moenie dink jy het die wysheid in pag nie, dien die Here en vermy wat sleg is" (Spreuke 3:6-7).
2. Mislukking weens trots: God verafsku trotse mense. Die Bybel sê God weerstaan mense wat hoogmoedig is. Dit is ondraaglik om in die teenwoordigheid van 'n persoon vol hoogmoed te wees. "Op hoogmoed volg ondergang, op selfverheffing volg die val" (Spreuke 16:18).
3. Versuim om te wag dat God met jou te praat voordat jy tot aksie oorgaan: Ons is dikwels bang dat ons God nie sal hoor wanneer Hy praat nie. Ons voel soms dat iets onmiddellik gedoen moet word en dink dat ons God dalk nie sal hoor wanneer Hy praat nie. God het jou geskep – Hy weet hoe om met jou te praat sodat jy verstaan. Die groter probleem is eerder om die dinge wat ons wel weet gedoen moet word, nie te doen nie. Jy kan God vertrou met "tydsberekening". "Vertrou op die Here! Wees sterk en hou goeie moed! Ja, vertrou op die Here!" (Psalm 27:14).
4. Mislukking deur gebrek aan geloof: Om aan God se betroubaarheid, sy vermoëns en sy getrouheid aan sy beloftes te twyfel, sal uiteindelik tot 'n hart sonder vrede en mislukking lei. Geloof kom deur God se karakter en werke te bestudeer. Versterk jou geloof deur die Woord van God en sy beloftes te oordink. "As ’n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil. Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy dié wat Hom soek, beloon" (Hebreërs 11:6).
5. Versuim om lief te hê: God se eerste gebod is om Hom lief te hê. God sal nie 'n kompromie aangaan oor die feit dat ons Hom en mekaar moet liefhê nie. Sonder liefde sal selfs ons beste pogings misluk en sonder geestelike krag wees. Ons liefde moet onvoorwaardelik en oorvloedig wees. "Bo dit alles moet julle mekaar liefhê" (Kolossense 3:14).
Aangaande hierdie leesplan

Almal van ons kan getuig van mislukkings in ons lewens. Soms is dit iets kleins en die gevolge is nie noemenswaardig nie, maar ander kere het ons mislukkings geweldige gevolge. Mislukkings kom altyd saam met baie emosies. Dikwels is hierdie emosies in onwaarhede geanker. As Christene moet ons leer om saam met mislukking te lewe, dit te gebruik om geestelik te groei en in oorwinning daaroor te lewe.
More
Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: disciple4.com