Mislukking Is Nie Die Einde NieVoorbeeld

Die manier waarop jy mislukking hanteer, bepaal baie dinge in jou lewe
Die verskil tussen mense wat gemiddeld presteer en mense wat buitengewoon presteer, is dikwels die gevolg van hulle reaksie op mislukking.
Henry Ford het gesê: Mislukking is net die geleentheid om weer, maar met groter wysheid, te begin.
Thomas Edison (die persoon wat die eerste gloeilamp ontwikkel het) se bekendste aanhaling is: "Ek het nie misluk nie. Ek het sopas 1 000 maniere gevind waarop dit nie kan werk nie. Ek is nie moedeloos nie, want elke manier wat ek vind waarop dit nie werk nie, is nog 'n stap vorentoe."
George Cukor – Jy kan nie sukses behaal voordat jy mislukkings kan aanvaar nie.
Mike Rooney – Daar is altyd mislukkings wat jy moet oorkom om sukses te behaal.
Mislukking is nie wat die mense op die paviljoen sê nie.
Mislukking veroorsaak dikwels baie innerlike hartseer en pyn, maar hanteer die hartseer en pyn en beweeg vorentoe.
Probeer weer. Dalk is daar weer mislukking. Probeer dan weer. Maak die nodige aanpassings. Probeer dan weer. Evalueer. Probeer weer. Skryf ‘n tiental verskillende maniere neer waarop jy dink hoe dit gedoen kan word. Probeer dan weer.
Edmond Chan – Mislukking is 'n mentor wat ons kan help om vinniger te groei as wat sukses ons kan help. Ons moet nooit toelaat dat mislukking ons definieer nie.
Floyd McClung – Mislukking is nie die beste onderwyser nie. Geëvalueerde mislukking is 'n uitstekende mentor.
Kinders leer om te loop deur te misluk. Kinders sal honderde kere misluk voordat hulle kan loop. Hulle hou nie op om te probeer net omdat hulle ná 999 pogings nog nie kan loop nie. Hulle ken nie die begrip “mislukking” nie. Hulle probeer net weer – totdat hulle kan loop.
'n Paalspringer wat vyf meter hoog wil spring, kan dit nie met sy eerste poging doen nie. Nee, hulle sal baie kere “misluk” (oefen) voordat hulle vyf meter hoog kan spring.
Die vraag is nie of jy sal misluk nie, maar wat jy gaan doen wanneer jy misluk. Dink mooi na oor die volgende. Om te stap is eintlik 'n proses van val. Om te stap, moet jy vorentoe leun en wanneer jy te ver vorentoe leun, sal jy val. Hoe verhinder jy jou val? Deur een van jou voete vorentoe te beweeg, behou jy jou ewewig. Jy kan slegs vorentoe beweeg deur 'n reeks “mislukkings” – as jy iets daaraan doen. Jy doen dit deur jou voete vorentoe te beweeg en sodoende jou – val (en mislukking) te keer!
Aangaande hierdie leesplan

Almal van ons kan getuig van mislukkings in ons lewens. Soms is dit iets kleins en die gevolge is nie noemenswaardig nie, maar ander kere het ons mislukkings geweldige gevolge. Mislukkings kom altyd saam met baie emosies. Dikwels is hierdie emosies in onwaarhede geanker. As Christene moet ons leer om saam met mislukking te lewe, dit te gebruik om geestelik te groei en in oorwinning daaroor te lewe.
More
Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: disciple4.com