Mislukking Is Nie Die Einde NieVoorbeeld

Mislukking Is Nie Die Einde Nie

DAG 2 VAN 7

'n Preek oor Mislukking

Een Sondagaand het 'n vreemde ding met my gebeur. Ek het oor mislukking gepreek. Ná ek die seën uitgespreek het, het die gemeente spontaan hande geklap. Ek was 'n bietjie geskok. 'n Handeklappery is ongewoon in die kerk – veral nie in hierdie situasie nie. Ongeveer 18 maande later het ek weer oor mislukking gepreek. Na die diens het dieselfde weer gebeur.

Net twee keer in my lewe het mense vir ‘n preek van my hande geklap. Eers later het ek besef dat die onderwerp in albei gevalle "mislukking" was.

Waarom? Mense kan hulle met mislukking vereenselwig! As jy oor sukses praat, sal mense jou hoor, maar dikwels sal dit nie hul harte raak nie. Almal sal egter luister as jy oor mislukking praat (ook jou eie mislukkings en hoe jy dit hanteer het). Min of meer almal sukkel met mislukking. Ek het dit keer op keer gesien dat wanneer jy oor jou mislukkings begin praat en hoe jy of iemand anders hul mislukkings op 'n spesifieke manier oorkom het, mense vinniger sal leer en meer sal onthou van wat jy hulle vertel het.

Moenie begin spog oor jou mislukkings nie. Mense sal deur jou sien en jou verwerp.

Die boek Failing Forward deur John Maxwell kan nuttig wees as jy verder oor mislukking wil lees.

Aangaande hierdie leesplan

Mislukking Is Nie Die Einde Nie

Almal van ons kan getuig van mislukkings in ons lewens. Soms is dit iets kleins en die gevolge is nie noemenswaardig nie, maar ander kere het ons mislukkings geweldige gevolge. Mislukkings kom altyd saam met baie emosies. Dikwels is hierdie emosies in onwaarhede geanker. As Christene moet ons leer om saam met mislukking te lewe, dit te gebruik om geestelik te groei en in oorwinning daaroor te lewe.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: disciple4.com