Mislukking Is Nie Die Einde NieVoorbeeld

Mislukking Is Nie Die Einde Nie

DAG 5 VAN 7

Hoe kan ons, volgens die Skrif, mislukking voorkom?

Die Skrif gee vir ons verskillende maniere om geestelike mislukking te voorkom.

Goeie raad en aanspreeklikheid help om mislukking te voorkom. Alle Christene sal daarby baat vind om minstens een persoon te hê om hulle vir hulle optrede aanspreeklik te hou. Soms is dit goed om meer as een persoon te hê wat jou kan help. Aanspreeklikheid beteken nie dat iemand oor jou heers nie. Die doel van aanspreeklikheid is om mense te hê wat langs jou kan loop wat oplet of jy iets doen wat jou kan benadeel, maar hierdie mense sal jou ook ondersteun om te doen wat God jou vra om te doen. Spreuke 15:22: "Waar daar nie beraadslaging is nie, slaag planne nie; dit slaag wanneer daar baie raadgewers is."

Om volgens die Woord van God te lewe, help om mislukking te voorkom. Ps.119:105: "U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad."

Onthou dat mislukking ‘n leermeester kan wees. Dit kan vir ons belangrike lesse leer oor wat om in die toekoms te vermy. Ons hoef nie ons foute te herhaal nie!

Daar is geen plaasvervanger vir deursettingsvermoë nie.

Besef dat God se werk nie beperk word deur ons mislukkings nie. Hy verwerp ons nie in ons swakheid nie, maar help ons sodat ons krag kan ontvang om alles te wees wat Hy vir ons beplan. Hebreërs 4:15-16: "Die Hoëpriester wat ons het, is nie Een wat geen medelye met ons swakhede kan hê nie. Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gehelp kan word."

God het in die Bybel goeie, wonderlike en betroubare beloftes aan ons gemaak. Vertrou op hierdie beloftes. Anker jouself in God se beloftes. Deur dit te doen, anker jy jou in God self. 2 Korintiërs 1:19-20: "Hy is die 'ja' van God, die 'ja' op al die beloftes van God. Daarom is dit ook deur Christus dat ons tot eer van God daarop 'Amen' sê." Psalm 37:23-24: "Die Here bepaal die koers van die mens met wie se pad Hy tevrede is, en Hy ondersteun hom. As so iemand val, bly hy nie lê nie, want die Here help hom op." Hebreërs 13:5: "God self het gesê: 'Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.'”

Aangaande hierdie leesplan

Mislukking Is Nie Die Einde Nie

Almal van ons kan getuig van mislukkings in ons lewens. Soms is dit iets kleins en die gevolge is nie noemenswaardig nie, maar ander kere het ons mislukkings geweldige gevolge. Mislukkings kom altyd saam met baie emosies. Dikwels is hierdie emosies in onwaarhede geanker. As Christene moet ons leer om saam met mislukking te lewe, dit te gebruik om geestelik te groei en in oorwinning daaroor te lewe.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: disciple4.com