Leesplan inligting

Almal wil wen, maar niemand wil wag nieVoorbeeld

Everybody Wants To Win But Nobody Wants To Wait

DAG 4 VAN 5

God sal jou hart, denke en liggaam genees


Baie keer is 'n persoon se wagtyd ook 'n persoon se genesingstyd. In plaas daarvan om op 'n antwoord op jou gebed te fokus, wat daarvan as jy die tyd gebruik en fokus om weer gesond te word? Ja, dit sluit fisieke, emosionele en geestelike gesondheid in.


Terwyl jy op God wag, is dit baie belangrik dat jy die terreine in jou lewe herken waar jy genesing nodig het. Genesing is nie net beperk tot fisieke genesing nie. Genesing kan ook in jou denke plaasvind. Genesing kan in jou emosies plaasvind.


Die Woord van God dien as jou behandeling. God is bereid om jou te voorsien van alles wat jy nodig het om genees te word. Maar jy kan God nie forseer om jou te genees soos jy genees wil word nie. Jy moet God toelaat om jou te genees soos Hy jou wil genees. Jy moet God en sy proses vertrou. Die genesing mag dalk nie so gou gebeur as wat jy wil hê dit moet nie, maar jy moet glo dat God se proses die beste vir jou lewe is.


Die waarheid is dat elke seer wat aan God voorgelê word, genees sal word. Dit maak nie saak hoeveel pyn jy al in die verlede gehad het nie. Hy sal jou liggaam, hart en denke genees en dit weer mooi maak.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Everybody Wants To Win But Nobody Wants To Wait

Deur hierdie omvattende, daaglikse leesstukke, leer jy hoe om in alle aspekte van die lewe, van genesing tot verhoudinge, op God se tydsberekening te wag. Ontdek hoe om die beste van die wagtyd te maak en volgens God se ...

More

Baie dankie aan Marcus Gill & Charisma House wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek http://waittowin.com vir meer inligting.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid