Almal Wil Wen, Maar Niemand Wil Wag Nie

Dag 1 van 5 • Vandag se leesstuk

Bybeldagboek

Die gawe van geduld


Wag is nie 'n vloek nie. Dit is 'n seën. Geduld is 'n geskenk van God.


Wanneer jy geduldig op die Here wag, verkry jy toegang tot Sy oor. God hoor die gebede van dié wat geduldig vir Hom wag. Wanneer jy op die Here wag, sal Hy tot jou redding kom. Hy sal jou tot veiligheid bring. Wanneer jy geduldig op die Here wag, sal jou aanbidding na 'n heel nuwe vlak toe beweeg. Wanneer jy geduldig op die Here wag, sal mense sien wat Hy vir jou gedoen het.


Jou wagtyd sal 'n getuienis word, en almal wat jou verlossing sien, sal die Here vrees en vertrou. Wanneer jy geduldig op die Here wag, sal jy geseën word en jou hart sal versterk word. Jou geduldige wag wys vir God dat jy Hom met jou hele lewe vertrou en Hy beloon sulke geloof op groot maniere.


Laat ek jou uitdaag. As jy dieper delf in die seëninge wat dit bring om geduldig op die Here te wag, wil ek hê dat jy jou hart moet voorberei om te begin wag en te weet dat God vir jou gaan sorg. Maak gereed om te verstaan wat dit regtig beteken om God te vertrou met jou "wanneer".