Leesplan inligting

Ontdek Die Grootste GewerVoorbeeld

Ontdek Die Grootste Gewer

DAG 7 VAN 40

Dag 7: Outeur van goedheid

"God is goed, nie oor die wonderlike nie, maar andersom, die wonderlike is, want God is goed" — Kirk Manton.

Die goedheid van God is nie beperk tot spesifieke oomblikke of situasies nie; dit is ʼn konstante eienskap van God se karakter. Die Bybel vertel die geskiedenis van God se goedheid, van die skepping in die Genesis-verhaal tot aan die einde van die Openbaring boek.

God se goedheid word eerstens geopenbaar in sy skepping. Elke aspek van die natuur, elke sonsondergang, elke blom, is ʼn getuigskrif van God se liefde en sorg. Hierdie pragtige skepping is nie net ʼn toevallige samevloeiing van gebeure nie, maar ʼn uiting van God se welwillendheid.

Die goedheid van God manifesteer ook in sy verhouding met mense. Ons sien Hom aan die begin nie net lewe en heerskappy aan die mens oor lewe skenk nie, maar wanneer die mens Hom teleurstel, ook genade te bewys. Ons sien in die geskiedenis dat God gunstige tye, beloftes en verbonde gee wanneer die mens weens sy sondige natuur teleurstel, maar elke keer gee God weer genade.

Die grootste bewys van God se goedheid kom deur die genade van Jesus Christus. Sy koms na die wêreld, sy onderrig, sy liefde en uiteindelik sy opoffering aan die kruis, is ʼn uiting van die uiterste vorm van goedheid. In tye van beproewing en smart, skyn God se goedheid helderste in die donkerste uur.

Hy is ʼn God wat met ons wandel, ons liefhet en ondersteun, ongeag van ons omstandighede.

In die besef van God se goedheid kan ons harte nie anders as om met dankbaarheid oor te loop nie. Elke dag is ʼn geskenk, ʼn bewys van God se goedheid wat ons oorvloedig seën. Hoe kan ons reageer op die bewustheid van die goedheid van die Here? Danksegging is die eerste reaksie van ʼn persoon wat besef God is goed.

Izaak Walton stel die voordeel van danksegging duidelik: “God has two dwellings; one in heaven, and the other in a meek and thankful heart”. Ons behoort Hom te aanbid wat altyd goed is want dit is waar Hy woon!

Oordink die volgende Skrifgedeelte uit Psalm 100:4-5 en skryf jou gedagtes daaroor neer:

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Ontdek Die Grootste Gewer

Vrygewigheid is duidelik ʼn karaktereienskap van God wat regdeur die Bybel beskryf word. Geskiedenis getuig van die vrygewige God wat nooit moeg raak om te gee nie ... Daar is so baie om te verken wat Hy spesifiek aa...

More

Ons wil graag Collage Gemeenskapskerk bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.learnandlead.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid