Leesplan inligting

Ontdek Die Grootste GewerVoorbeeld

Ontdek Die Grootste Gewer

DAG 9 VAN 40

Dag 9: God gee ʼn offer aan Abraham

"Waar God lei, voorsien Hy" — Billy Graham.

God openbaar sy wil vir Abraham in Genesis 22. God beveel hom om Isak, die seun van belofte, te neem en bo-op die berg te offer: “Neem jou seun, jou enigste, wat jy liefhet, Isak en gaan na die land Moría en offer hom daar as brandoffer op een van die berge wat Ek jou sal aanwys” (Genesis.22:2 AFR53).

Vir Abraham was hierdie waarskynlik een van die moeilikste dinge wat hy moes doen. Dit moes ʼn verskriklike skok vir hom gewees het. Dink jou dit in, dit moes waarskynlik die laaste ding wees wat Abraham verwag het, dat God hom gaan vra om sy eie seun te offer.

Wat Abraham nie kon geweet het nie, was dat hierdie ʼn toets was van sy liefde en gehoorsaamheid aan God. Uiteindelik deel die Bybel nie met ons alles wat Abraham gevoel het nie, maar maak dit duidelik dat Abraham gedoen het soos wat God beveel het. Hy het nie sy seun, sy enigste, van God teruggehou nie.

Hy het uiteindelik die toets geslaag deur te bewys dat hy niemand of niks bo God stel nie. Daarom het God hom erken: "en sê: 'Ek sweer by Myself, spreek die HERE, omdat jy dit gedoen het en jou seun, jou enigste, nie teruggehou het nie, dat Ek jou ryklik sal seën en jou nageslag grootliks sal vermeerder soos die sterre van die hemel en soos die sand wat aan die seestrand is; en jou nageslag sal die poort van sy vyande in besit neem'” (Genesis 22:16-17). God het toe ʼn ram voorsien om in die plek van Isak geoffer te word.

Abraham het die plek genoem “Die HERE sal voorsien!” (Gen. 22: 14b AFR53). In die Hebreeuse taal het hierdie woorde een van die name van God geword “Jehovah Jireh”. Hierdie naam kom voor in liedere wat ons sing in die kerk en ook op ons lippe in krisistye. Die naam beklemtoon dat God altyd op die plek van ons behoefte sal voorsien wanneer ons Hom in gehoorsaamheid volg.

Oordink die volgende Skrifgedeelte uit Filippense 4:19 en skryf jou gedagtes daaroor neer:

Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Ontdek Die Grootste Gewer

Vrygewigheid is duidelik ʼn karaktereienskap van God wat regdeur die Bybel beskryf word. Geskiedenis getuig van die vrygewige God wat nooit moeg raak om te gee nie ... Daar is so baie om te verken wat Hy spesifiek aa...

More

Ons wil graag Collage Gemeenskapskerk bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.learnandlead.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid