Leesplan inligting

Ontdek Die Grootste GewerVoorbeeld

Ontdek Die Grootste Gewer

DAG 40 VAN 40

Dag 40: God gee aan jou die geleentheid tot redding

"Om ons te red is die grootste en mees konkrete demonstrasie van God se liefde, die definitiewe vertoon van sy genade deur tyd en ewigheid" — Dawid Jeremia.

Jesus vertel ʼn algemene verhaal met ʼn tragiese geestelike waarheid en groot verrassing aan die einde waarvan die wortels terug reik tot in die Ou Testament.

ʼn Boer het vir hom ʼn pragtige wingerd aangeplant en het druiwe geplant en sy wingerd omhein en ook alles gebou wat nodig was om net daar by die wingerd ook wyn te kon maak. Hy het tot ʼn plek gemaak waar ʼn wag kon sit om die druiwe op te pas.

Hy het toe op reis gegaan. Hy verhuur toe sy wingerd met die ooreenkoms dat die huurders vir hom ʼn deel van die druiwe-oes sou gee. Toe die oestyd kom, stuur hy een van sy werkers om sy deel van die druiwe te gaan haal. Toe die werker daar aankom, gryp die huurders hom, slaan hom en stuur hom met niks weg.

Weer probeer die eienaar en hy stuur nog ʼn werker. Met hom het dit nog slegter gegaan as met die vorige een. Die huurders het hom weer geslaan en ook beledig. Die eienaar het weer verskeie pogings aangewend maar die huurders wou niks weet nie.

Hulle het van die werkers vir wie die eienaar gestuur het, aangerand en ander het hulle selfs doodgemaak. Die eienaar doen toe iets buitengewoons. Hy besluit om sy eie seun te stuur. Hy het sy seun baie liefgehad maar het gedink dat hulle sy seun met die nodige respek sal behandel.

Die huurders het die geleentheid gesien om die seun dood te maak om sodoende die eiendom vir hulleself toe te eien. Jesus vra toe ʼn groot vraag: “Wat dink julle gaan die eienaar met die spul boere doen wanneer hy terugkom?" (Matteus 21:40 ABA).

Ja, hy het self gekom en al daardie huurders laat doodmaak. Die wingerd het hy toe vir ander gegee. "Toe se Jesus vir hulle: 'Reg, maar moet ek julle herinner aan wat daar in die Joodse Bybel staan? 'ʼn Klip wat die bouers nie eens wou gebruik nie en eenkant toe gegooi het, het God reg bokant die voordeur ingebou vir almal om te sien!'”(Matteus 21:42 ABA).

In hierdie verhaal is die rolspelers duidelik herkenbaar, die eienaar is God, die huurders is die godsdienstige leiers en die ander mense is die heidense nasies. Die seun is natuurlik Jesus en dit is ʼn mooi parallelle waarheid. Die seun het gekom en gaan deur die huurders doodgemaak word en sy liggaam gaan buitekant die wingerd uitgegooi word.

Jesus se liggaam sou uiteindelik aan ʼn kruis buitekant die stad hang. Hierdie is ʼn Messiaanse gelykenis. Die gelykenis leer ons verder ʼn paar geestelike realiteite. Die eerste is die dwaasheid van die huurders. Hulle is regtig van mening dat hulle nie gaan betaal nie, en slaan die skuldinvorderaars.

Hulle gaan selfs so ver om te dink dat as hulle die seun doodmaak, hulle die eienaars kan word. Hierdie verhaal pas selfs goed in ʼn moderne tyd. Mense gaan uit hulle pad uit om God se teenwoordigheid en eise in hierdie lewe te verwerp. Hulle doen dit deur God se bestaan te ontken en dink Hy is kragteloos en maklik om uit die weg gestoot te word.

Regdeur die eeue was daar ateïste en regeringsleiers wat dit al gepoog het. Nog ʼn groot waarheid is die geduld van die eienaar. Hy stuur nie die polisie of weermag nie, maar bly diensknegte stuur. Uiteindelik het die huurders ʼn kritiese fout gemaak.

Hulle het gehandel asof die eienaar dood is. Die werklikheid van die situasie was dat die eienaar lewendig en woedend was, en sou terugkom om met die huurders te deel en om die wingerd aan ander toe te vertrou.

In die kern van die verhaal staan ʼn belangrike waarheid. God is en bly die eienaar en God sal terugkom en deel met die aan wie sy eiendom toevertrou is. Dink vir ʼn oomblik vandag aan God as die eienaar van alles en hoe Hy lewe aan jou toevertrou; hoe Hy Jesus gee, en wat Hy van jou verwag, want God gee aan jou ʼn geleentheid!

Lees hierdie volgende woorde van Dawid en benut die geleentheid om Jesus te erken en te aanbid.

Dag 39

Aangaande hierdie leesplan

Ontdek Die Grootste Gewer

Vrygewigheid is duidelik ʼn karaktereienskap van God wat regdeur die Bybel beskryf word. Geskiedenis getuig van die vrygewige God wat nooit moeg raak om te gee nie ... Daar is so baie om te verken wat Hy spesifiek aa...

More

Ons wil graag Collage Gemeenskapskerk bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.learnandlead.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid