Leesplan inligting

Ontdek Die Grootste GewerVoorbeeld

Ontdek Die Grootste Gewer

DAG 1 VAN 40

Dag 1: Voor die begin was God

"Die HERE het my heel eerste gemaak. Ek was al daar voor Hy die res gemaak het. Ek is voor die tyd al gevorm, heel aan die begin, voor die aarde daar was" — Salomo oor Wysheid (Spreuke 8:22-23 NLV).

Wanneer ons in die volgende 40 dae dink oor God as die mees vrygewigste persoon in die skepping, is dit bo ons menslike denke om te dink dat God alreeds bestaan het voor dat daar enige iets was. By die aanvang van alles, in die onmeetbare voorgrond van tyd, was God daar. Hy is van ewigheid tot ewigheid God en nog net altyd daar.

Sy oneindigheid, meer as enigiets anders, onderskei Hom van ons. Sy heiligheid verwys nie net na sy sondeloosheid nie, maar ook na sy andersheid of transendensie — in die sin dat Hy onvergelykbaar anders is. Een ding wat ons mense gemeen het, is dat ons wesens is wat van nature tydelik is.

Aan die einde van ʼn persoon se lewe, wanneer hy of sy begrawe word, word hul graf gekenmerk deur ʼn grafsteen waarop ʼn naam en die datums van geboorte en dood staan. Dit vertel aan ons dat ʼn mens op aarde leef tussen twee datums: geboorte en dood. Daar is nie sulke datums vir God nie. Hy is oneindig, nie net ten opsigte van ruimte nie, maar ook ten opsigte van tyd. Daar was nooit ʼn tyd toe God nie was nie.

Hy is van ewigheid tot ewigheid daar. God se ewigheid hou verband met sy selfbestaan. Hoe is dit enigsins moontlik? Die antwoord is eenvoudig: Want Hy is die almagtige God en hemelse Vader. God is veel groter as wat ons kan verstaan. Voor die begin was God alreeds daar. Johannes, een van Jesus se dissipels, begin sy weergawe van die evangelie so: “In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God” (Johannes.1:1).

Ek wil die eerste dagstukkie afsluit deur om aan te sluit by Paulus se lof en aanbiddingsoffer voor ʼn groot God in Romeine 11:33-36 (NLV).

Lees hierdie volgende gedeeltes, oordink hoe groot God is en skryf jou gedagtes neer.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Ontdek Die Grootste Gewer

Vrygewigheid is duidelik ʼn karaktereienskap van God wat regdeur die Bybel beskryf word. Geskiedenis getuig van die vrygewige God wat nooit moeg raak om te gee nie ... Daar is so baie om te verken wat Hy spesifiek aa...

More

Ons wil graag Collage Gemeenskapskerk bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.learnandlead.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid