Leesplan inligting

Die Beloofde MessiasVoorbeeld

Die Beloofde Messias

DAG 21 VAN 29




Hy Sal Weer Kom

Lees: Hebreërs 9:27–28; Matteus 24:30–31; Johannes 14:1–3

SOAP: Johannes 14:1–3

“Julle moet nie ontsteld wees nie. Glo in God, glo ook in My. In die huis van my Vader is daar baie woonplek. As dit nie so was nie, sou Ek nie vir julle gesê het Ek gaan om vir julle plek gereed te maak nie. En as Ek gegaan het en vir julle plek gereed gemaak het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is."

Oordenking

God het baie beloftes aangaande die Messias gemaak en Hy het elkeen nagekom. Jesus is die verpersoonliking van God se beloftes, die fisieke manifestasie van die Woord van God. Hy het gekom en al God se beloftes oor die Messias vervul. Alles wat God belowe het is in Christus vervul.

God het belowe dat ‘n boodskapper sou kom om die mense voor te berei vir die Messias en Hy het Johannes die Doper gestuur. God het belowe dat die Messias uit die huis en geslag van Dawid sou wees en Jesus se voorgeslag kan direk na Dawid herlei word. God het gesê die Messias sou uit ‘n maagd gebore word en Maria was ‘n maagd wat verloof was en sou trou. God het sy mense laat weet dat hulle die Messias by sy naam sou herken en Jesus se naam beteken “God is redding”.

Hierdie beloofde Messias sou ook weens ons sonde ly. Hy sou deur sy eie mense verlaat, verwerp en bespot word. Jesus het pyn ervaar en die sondes van die wêreld op Hom geneem. Hy het lyding en dood ervaar sodat ons gered sou word. Jesus se offer is die ewige, blywende offer wat ons nodig het om vrygemaak te word van die straf van sonde. Hy het die laaste vyand, die dood, oorwin deur uit die graf op te staan en sy krag en oorwinning te wys.

Hierdie Goeie Herder, hierdie beloofde koning, hierdie geskenk aan alle nasies, die Een wat neergedaal het om die dood en die graf te oorwin en na die troon van God opgevaar het, het vir ons ‘n belofte gegee. Hy het belowe om terug te keer en omdat ons weet dat God altyd sy beloftes nakom, weet ons dat die belofte wat Jesus gemaak het om terug te kom, vervul sal word. Sy belofte is vir seker. Hy het voor ons opgevaar om vir ons ‘n plek voor te berei. Hy belowe om nie net terug te keer nie, maar as ons ons geloof in Hom geplaas het, om ons te neem om vir ewig by Hom te wees.

Dag 20Dag 22

Aangaande hierdie leesplan

Die Beloofde Messias

Wanneer God ‘n belofte maak, het Hy reeds ‘n plan om dit gestand te doen. Sy grootste belofte, om vir ons ‘n Verlosser te stuur om ons van sonde te red, word bewys deur die lewe, dood en opstanding van Jesus. In hierdie ...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.loveGodgreatly.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid