Leesplan inligting

Die Beloofde MessiasVoorbeeld

Die Beloofde Messias

DAG 26 VAN 29




Loof die Here

Lees: Lukas 1:26–56

SOAP: Lukas 1:46–49

"En Maria het gesê: Ek besing die grootheid van die Here, ek juig oor God, my Verlosser, omdat Hy na my in my geringheid omgesien het. Kyk, van nou af sal elke nuwe geslag my gelukkig noem, omdat Hy wat magtig is, groot dinge aan my gedoen het. Heilig is sy Naam.”

Oordenking

God het nie iemand van mag en status gekies om die moeder van die Seun van God te wees nie, maar eerder 'n getroue jong meisie met 'n gehoorsame hart. Ons weet nie veel van Maria se omstandighede nie, net dat sy verloof was. Dit het beteken dat sy waarskynlik ongeveer dertien jaar oud was, en haar gesin het gereël dat sy met 'n man met die naam Josef trou.

Maria het swanger geword deur die Heilige Gees. Maria was 'n maagd en was nog nie met Josef getroud nie. Volgens die Joodse wet, om swanger en ongetroud te wees, het beteken dat sy gestenig sou word. Maria het egter geweet dat haar kind se verwekking van God af was en sy was gewillig om te doen wat God van haar gevra het.

Selfs onder sulke omstandighede het God spesiale troos vir Maria voorsien. Haar familielid Elisabet, wat al verby die ouderdom was om kinders te baar, was onverwags swanger. Gevolglik het beide vroue hul wonderwerke persoonlik en saam ervaar. Elisabet se swangerskap was 'n ongelooflike persoonlike voorsiening van die Here vir beide haarself en Maria. God het vir Maria 'n intieme vriendin gegee met wie sy haar vreugde, haar vrese en alle ander emosies kon deel. Soos God sy verlossingsplan tot uitvoer gebring het, het Hy ook vir Maria voorsien in presies wat sy benodig het.

Maria se loflied is opgeteken in Lukas 1. Selfs al het sy nie geweet hoe die mense in haar gemeenskap sou reageer wanneer hulle van haar swangerskap te hore kom nie, het Maria geweet dat God weet wat Hy besig was om te doen. Sy sou die moeder van die langverwagte Christus, die Messias wees, die Een wat sy mense van hulle sonde sou red. Die geskenk wat God haar sou gee was baie beter as enige skande wat sy van haar gemeenskap sou ervaar.

Maria se loflied is 'n uitdrukking van haar geloof in die soewereine outoriteit en goedheid van God. Haar geloof moedig ons aan om God te loof, ongeag ons omstandighede ,omdat sy wil en doel ver beter is as enige iets wat ons ons kan indink.

Dag 25Dag 27

Aangaande hierdie leesplan

Die Beloofde Messias

Wanneer God ‘n belofte maak, het Hy reeds ‘n plan om dit gestand te doen. Sy grootste belofte, om vir ons ‘n Verlosser te stuur om ons van sonde te red, word bewys deur die lewe, dood en opstanding van Jesus. In hierdie ...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.loveGodgreatly.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid