Leesplan inligting

Die Beloofde MessiasVoorbeeld

Die Beloofde Messias

DAG 1 VAN 29

Welkom by ons Bybelstudie: Die Beloofde Messias

Hoe dikwels het jy al ‘n belofte gemaak wat jy nie kon nakom nie? Hoe dikwels is daar al beloftes aan jou gemaak en dan verbreek?

Ons leef in ‘n wêreld van verbreekte beloftes, onvervulde verwagtinge en teleurgestelde hoop. God is egter anders. Wanneer Hy ‘n belofte maak, het Hy reeds ‘n plan om dit gestand te doen.

God maak nooit ‘n belofte as Hy nie van plan is om dit na te kom nie. Hy maak al van die skepping van die wêreld af beloftes aan sy volk en Hy het nog nie een verbreek nie. Sy grootste belofte, om vir ons ‘n Verlosser te stuur om ons van sonde te red, word bewys deur die lewe, dood en opstanding van Jesus. Hy is die uiteindelike vervulling van al God se beloftes.

“Hy is die ‘ja’ van God, die ‘ja’ op al die beloftes van God” – 2 Korintiërs 1:19-20.

Die Beloofde Messias is ‘n vier weke lange studie vir die Adventseisoen. Soos ons dieper delf in die spesifieke messiaanse beloftes wat God aan sy volk gemaak het, sal ons sien hoe Jesus elkeen van hierdie beloftes vervul het en selfs vandag nog steeds voortgaan om sy beloftes na te kom.

Sluit by ons aan vir hierdie studie met ‘n joernaal, digitale hulpbronbundel of op ons Love God Greatly-toepassing. Jy kan ooreenstemmende inhoud aantref vir Die Beloofde Messias—met blogplasings en gemeenskapsgroepe — terwyl ons ontdek hoe al God se beloftes “ja” in Jesus is.

Hier by "Love God Greatly Afrikaans" gebruik ons die "SOAP"-metode vir ons Bybelstudies.

Wat is SOAP?

Hierdie metode maak dit vir jou moontlik om dieper in die verse te delf en om meer te sien as wanneer jy net eenvoudig die verse lees en dan aangaan. Ons wil jou aanmoedig om jou tyd te gebruik om die daaglikse verse te "SOAP" en self te sien hoeveel meer jy uit jou daaglikse stiltetyd sal kry.

Wat beteken "SOAP"?

Die S staan vir "Scripture":

Jy skryf die teksverse neer. Jy sal verbaas wees om te sien wat God aan jou in sy Woord sal openbaar deur net tyd te maak om die verse neer te skryf!

Die O staan vir "Observation":

Wat sien jy in die verse wat jy lees? Wie is die gehoor? Is daar ‘n herhaling van woorde? Watter woorde staan vir jou uit?

Die A staan vir "Application":

Dit is wanneer jy die Woord van God persoonlik toepas. Wat sê God vandag vir my? Hoe kan ek dít wat ek nou net gelees het, in my eie lewe toepas? Is daar iets wat ek moet doen? Watter veranderinge moet ek aanbring?

Die P staan vir "Prayer":

Bid tot God en praat met Hom oor die Skrifgedeelte wat jy so pas bestudeer het. As Hy iets aan jou in sy Woord geopenbaar het, bid daaroor. Bely die sonde in jou lewe as Hy dit vir jou uitgewys het.

Inleiding:

Waarom maak God beloftes? Ons maak dikwels beloftes wat ons nie kan nakom nie en ons is al almal seergemaak deur verbreekte beloftes. Dit is maklik om te begin wonder of dit die moeite werd is om enige belofte te glo.

Maar God is anders. Wanneer Hy 'n belofte maak, het Hy alreeds 'n plan om dit na te kom.

God maak nooit 'n belofte wat Hy nie van plan is om na te kom nie, veral wanneer dit kom by ons ewige verlossing. God maak baie beloftes, beloftes om ons te bemoedig, te seën, toe te rus, te dissiplineer en vir ons te sorg. Hy maak beloftes wat vir ons hoop, doel en betekenis gee.

Die grootste belofte wat Hy gemaak het was om 'n Messias, 'n Redder te stuur wat sy mense van sonde en dood sou red. Hierdie Messias sou op 'n spesifieke tyd in die geskiedenis gkom om alles wat God oor Hom gesê het, te vervul.

Toe God 'n belofte gemaak het om 'n Messias te stuur om sy mense van sonde te red, het Hy reeds 'n plan gehad om dit te doen. God het nie net een belofte gemaak om 'n Messias te stuur nie, maar Hy het ook baie beloftes aan sy mense gemaak oor hoe Hy dit sou doen. Hy het nie net vir sy mense laat weet dat die Messias gaan kom nie, maar ook hoe Hy in die wêreld sou kom en wat Hy sou doen, sodat hulle kon weet waarvoor om uit te kyk.

Terwyl ons hierdie Adventseisoen ons harte voorberei om Kersfees te vier, laat ons op God se vervulde beloftes fokus. Hy het belowe om 'n Messias te stuur en Hy het elke enkele belofte wat Hy gemaak het oor die Messias nagekom. Jesus, die Christus-kind, het as 'n baba gekom en opgegroei tot 'n man, 'n man wat ten volle God en ten volle mens was, 'n man wat God se mense sou red van sonde en dood ter vervulling van God se grootste belofte.

Ons God is 'n Beloftehouer.

Al sy beloftes is “ja” and “amen” in Christus! Jesus, die grootste belofte wat vervul is, is ons Messias, ons Verlosser, ons hoop en ons vrede.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Die Beloofde Messias

Wanneer God ‘n belofte maak, het Hy reeds ‘n plan om dit gestand te doen. Sy grootste belofte, om vir ons ‘n Verlosser te stuur om ons van sonde te red, word bewys deur die lewe, dood en opstanding van Jesus. In hierdie ...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.loveGodgreatly.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid