Leesplan inligting

Die Beloofde MessiasVoorbeeld

Die Beloofde Messias

DAG 25 VAN 29




Die Groot Verlossingsplan

Lees: Lukas 1:1–25

SOAP: Lukas 1:25

“Die Here het dit vir my gedoen. Nou het Hy na my omgesien om my smaad onder die mense weg te neem.”

Oordenking

God het 'n groot verlossingsplan. Hierdie plan het begin met die skepping en duur vandag nog voort. Dit toon God se krag en soewereiniteit. Hy werk voortdurend sy plan uit en laat sy mense toe om te sien hoe Hy werk.

Aan die begin van die Evangelie van Lukas leer ons dat Johannes 'n voorloper vir Christus was. Johannes was die profeet wat God belowe het om na sy mense te stuur om hulle harte voor te berei vir die koms van die Messias. Johannes was 'n belofte wat deur God vervul is aan die mense van Israel en sy geboorte was die voortsetting van God se groot verlossingsplan.

Tog, te midde van God se oorkoepelende, uiters belangrike plan om verlossing aan die wêreld te bring, het Hy persoonlike verlossing aan Elisabet gebring. Uit al die vroue in Israel het God haar gekies. Hy het haar pyn, haar smagting en haar gebroke hart gesien. God het Elisabet nie net toegelaat om deel van sy universele verlossingsplan te wees nie, maar Hy het ook haar situasie verlos.

God het omgegee vir die verlossing van al sy mense, en Hy het omgegee vir die persoonlike verlossing van hierdie een vrou en die begeerte van haar hart. Die karakter van ons God is om te genees, te sorg, te bemoedig en te herstel. Hy sorg vir elkeen van ons persoonlik, net soveel as wat Hy omgee vir die verlossing van sy volk in geheel.

God het sy belofte nagekom om 'n Messias te stuur en in elke deel van die verhaal het Hy genees en herstel. Deur 'n boodskapper te stuur, het Hy die mense voorberei op die koms van Jesus en aan Elisabet en Sagaria die begeertes van hulle harte gegee. Sy groot verlossingsplan sluit elkeen van ons, elkeen van ons verhale en elkeen van ons se harte in. Hy werk altyd. Kom ons wees hierdie Adventseisoen afwagtend vir die maniere waarop Hy sy verlossende en herstellende krag sal wys, selfs in ons eie lewens en omstandighede.

Dag 24Dag 26

Aangaande hierdie leesplan

Die Beloofde Messias

Wanneer God ‘n belofte maak, het Hy reeds ‘n plan om dit gestand te doen. Sy grootste belofte, om vir ons ‘n Verlosser te stuur om ons van sonde te red, word bewys deur die lewe, dood en opstanding van Jesus. In hierdie ...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.loveGodgreatly.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid