Leesplan inligting

Die Beloofde MessiasVoorbeeld

Die Beloofde Messias

DAG 24 VAN 29




Week 4 - Glo die Belofte

Ja en Amen

Lees: 2 Korintiërs 1:19b–20

SOAP: 2 Korintiërs 1:19b–20

"Hy is die “ja” van God, die “ja” op al die beloftes van God. Daarom is dit ook deur Christus dat ons tot eer van God daarop “Amen” sê."

Oordenking

Wat ‘n vreugde is dit tog om te weet en te glo dat God sy beloftes nakom. Soos ons deur ons studie gesien het, is elke belofte wat God aangaande die Messias gemaak het in Jesus vervul. Hierdie vervulde beloftes het nie net God se verlossingsplan vir sy volk vervul nie, maar dit het ook sy volk bewus gemaak van wie die Messias was en wanneer Hy geleef het.

Gedurende hierdie seisoen van Advent fokus ons op Jesus en die beloftes wat Hy beide vervul het en beplan om te vervul. Ons kan vol vertroue wees dat al die beloftes wat God vir ons deur sy Woord gee waar is. As Hy een belofte nagekom het sal Hy al sy beloftes nakom. Hy is die beloftehoudende God en wat Hy sê Hy sal doen, sal Hy doen.

Dit beteken dat God se beloftes van genade en geregtigheid waar is. Sy belofte om altyd by ons te wees is waar. Sy belofte om ons sondes te vergewe is waar. Sy belofte om ons vyande te oorwin is waar. Sy belofte om in ons behoeftes te voorsien en vir ons die begeertes van ons harte te gee wanneer ons ons in Hom verlustig – dit is ook waar, maar God werk egter nie op ons tydlyn nie. Net soos sy mense eeue gewag het vir die beloofde Messias, het God ‘n perfekte plan om sy beloftes in ons eie lewens te vervul. Ons wag dalk langer as wat ons wil vir sommige dinge, maar ons kan vol vertroue wees dat al sy beloftes “ja” is en ons kan “amen” sê en eer aan God gee wanneer ons dit sien vervul word.

Terwyl ons hierdie week ons harte voorberei om Kersfees te vier, sal ons kyk na die manier waarop God sy beloftes nagekom het om die geboorte van die Messias te laat plaasvind. Soos ons die Kerverhaal uit die Evangelie van Lukas lees, sal ons ook sien hoe God sy beloftes aan spesifieke mense nagekom het, mense wat hulle hele lewe lank gewag het om hierdie beloftes vervul te sien. Soos hierdie mense die vervulling van die belofte van die komende Messias ervaar het, het God ook individueel sy seën op hulle uitgestort deur aan hulle te gee wat hulle nodig gehad het en waarna hulle diep gesmag het. Terwyl ons ons harte voorberei vir Kersfees, mag ons bemoedig word deur hierdie mense wat die vervulling van God se beloftes ervaar het en mag ons met dieselfde verwagting uitsien dat God sy beloftes aan ons sal nakom.

Dag 23Dag 25

Aangaande hierdie leesplan

Die Beloofde Messias

Wanneer God ‘n belofte maak, het Hy reeds ‘n plan om dit gestand te doen. Sy grootste belofte, om vir ons ‘n Verlosser te stuur om ons van sonde te red, word bewys deur die lewe, dood en opstanding van Jesus. In hierdie ...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.loveGodgreatly.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid