Leesplan inligting

OnbereiktesVoorbeeld

Onbereiktes

DAG 1 VAN 5

Ontmoet ’n Onbekende God

Oordink

Daar is baie gelowe in die wêreld. Omtrent alle mense is op soek na iets om in te glo wat vir hulle hoop, rigting en 'n doel in die lewe kan gee. Sommiges besluit dat daar geen God, doel en hoop is nie – dat hulle maar self een of ander betekenis aan hulle lewens moet gee. Wanneer jy geen vaste waarheid het om aan vas te hou nie en slegs op jou eie krag, liefde en begrip staatmaak, is jou hele bestaan uitputtend en nutteloos.

Baie mense glo in valse gode – leë afgode wat nie liefhet en kan kommunikeer nie. Hulle maak ook geen opofferings vir hulle volgelinge nie. Hulle bestaan liefdeloos net om aanbid en gehoorsaam te word. Diegene wat daardie gelowe navolg, leef in vrees en is altyd bekommerd oor die straf wat hulle gaan kry as hulle die gode op een of ander manier sou ontstel.

Dan is daar ook diegene wat sommer ‘n klomp gelowe aanvaar. Hulle kies en keur tussen die opsies wat beskikbaar is totdat hulle ‘n god wat pas by hulle eie idee van goddelikheid geskep het om te aanbid. Dis waar die mense van Athene was toe Paulus hulle ontmoet het. Hulle was vroom in aanbidding en opregtheid, maar het na strooihalms gegryp. Hulle het selfs ‘n altaar geskep vir die onbekende god.

Paulus het hulle vertel wat hulle misloop. Vir die eerste keer het hulle gehoor van ‘n heeltemal ander God as die een wat hulle geskep het, wat buite enige gebou of beeld bestaan en wat dit moontlik gemaak het om Hom te kan ken.

Hulle het vir die eerste keer die evangelie gehoor – ‘n radikale nuwe leerstelling. Hierdie een ware God bied hoop, ‘n doel en sekerheid in Hom. Daar is geen soeke, twyfel, onsekerheid of vrees meer nie. Natuurlik was die aanhoor van die goeie nuus vir sommiges te vreemd, te eenvoudig of te moeilik. Maar vir die wat geglo het, het die evangelie alles verander.

Gehoorsaam

Onthou jy toe jy die eerste keer die evangelie gehoor het of toe dit vir die eerste keer vir jou begin sin maak het? Dink hoe jy gevoel het oor wat jy gehoor het en vertel vir iemand daarvan.

Voel jy toegerus om die evangelie kortliks met iemand te deel wat dit nog nooit gehoor het nie?

Wat maak Christenskap anders as ander gelowe en godsdienste? Bring tyd in aanbidding en gebed deur en dink aan die geskenk wat God deur Jesus aan jou gegee het.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Onbereiktes

Die goeie nuus van Jesus verander alles. Deur Jesus is ons sondes vergewe, is ons verlos van ons verlede en is ons toekoms verseker. In Hom het ons versoening, transformasie, hoop en ‘n doel om voor te lewe. In hierdi...

More

Ons wil graag Team Expansionn bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://teamexpansion.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid