Leesplan inligting

OnbereiktesVoorbeeld

Onbereiktes

DAG 2 VAN 5

Reddingsplan

Oordink

Die verskil tussen Jesus en die vrou by die put is baie groot. Hy is ‘n gerespekteerde man. Heilig, omring deur skares mense en vriende stap Hy elke tree saam met die Vader. Hy is rein, onbevlek en waardig. Sy is alleen en selfs in 'n nasie van sondige mense ‘n uitgeworpene. Sy is besoedel, onaantasbaar en vol skaamte.

Hulle het niks in gemeen gehad nie. Maar sy was die rede hoekom Hy daar was. Vir Jesus was sy alles. Hy het vir haar gekom.

Toe Jesus die vrou by die put ontmoet het, het Hy ‘n dogter, uniek geskape en geliefd deur haar goeie Vader, gesien. Hy het geweet waardeur sy gegaan het en ook van die keuses wat sy gemaak het. Hy was bewus van haar begrip van God en waar dit oor sy heerlikheid te kort geskiet het. Hy het gesien sy is dors en het vir haar Lewende Water aangebied.

Toe die dissipels haar gesien het, het hulle ‘n vrou gesien wat nie veronderstel was om met Jesus te praat nie. Onverdienstelik, ongekwalifiseerd en onwaardig. Hulle het besef in watter situasie sy is, maar het net stilswye aangebied.

Jesus se missie op aarde was om sy mense te red. Hy verduidelik in Lukas 4 dat Hy vir die armes, die gevangenes, die blindes en die verdruktes gekom het. Jesus het nie gekom vir ‘n wêreld waarmee dit goed gaan nie. Hy het gekom vir die wat deur sonde, skeiding en gebrokenheid gebind en onderdruk word. Met sy perfekte lewe, onregverdige dood en Goddelike opstanding het Jesus ‘n veilige weg geskep vir die vermoeides en verlorenes om na ‘n liefdevolle Vader te strompel.

Die evangelie is goeie nuus vir sondaars, die gebrokenes van hart, die eensames en diegene van wie die samelewing vergeet het. Die evangelie sê:

"Al was jy ver weg, kan jy nou naby wees.
Al was jou kettings swaar, kan jy nou bevry word.
Al was jou sonde soos skarlaken, kan jy wit wees soos sneeu."

Gehoorsaam

Het jy al ooit gewonder of jou sonde of jou verlede jou diskwalifiseer van God se Koninkryk? Deel verhale uit die Bybel waar God mans en vrouens met foute gebruik het tot sy verheerliking. Bid ‘n gebed van oorgawe en gehoorsaamheid en vra God om sy barmhartigheid en getrouheid deur jou lewe te wys.

Is daar iemand in jou lewe wat nodig het om die evangelie te hoor, maar jy het dit, vir watter rede ook al, nog nooit met hulle gedeel nie? Bid vir ‘n geleentheid om dit hierdie week te doen.

Wat is jou verhaal van God se getrouheid? Oefen om ‘n drie minute weergawe van jou getuienis hierdie week met ‘n mede-gelowige te deel. Wees op die uitkyk vir geleenthede om dit met ander ook te deel.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Onbereiktes

Die goeie nuus van Jesus verander alles. Deur Jesus is ons sondes vergewe, is ons verlos van ons verlede en is ons toekoms verseker. In Hom het ons versoening, transformasie, hoop en ‘n doel om voor te lewe. In hierdi...

More

Ons wil graag Team Expansionn bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://teamexpansion.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid