Leesplan inligting

OnbereiktesVoorbeeld

Onbereiktes

DAG 4 VAN 5

Wanneer God sê: "Gaan!"

Oordink

Toe God vir Jona geroep het om na Nineve te gaan, was daar baie mense in sy eie vaderland wat die boodskap van bekering moes hoor. Israel en Juda was verdeeld en gedurig op die punt om oor te gaan tot rebellie, ongehoorsaamheid, afgodery en geweld. Jona kon beslis daar gebly het om daardie probleme te bespreek en help oplos. En tog het God hom na Nineve gestuur, die middelpunt van die Assiriese ryk.

Niemand het verwag dat die Assiriërs God sal volg nie. Hulle sondigheid was legendaries. Anders as Jona se mense, sou die mense van Nineve nooit eens beweer het dat hulle God volg nie. Hulle was selfs onbewus daarvan dat hulle nodig gehad het om te verander. Toe verskyn Jona in hulle strate met waarskuwende preke oor hulle sondige lewens. Die koning en almal in Nineve het toe geglo, bedroef geraak en na God gedraai. Deur Jona se gehoorsaamheid is meer as 120 000 mense gered van vernietiging.

Ten spyte van hierdie wonderlike oomblik, was hulle terugkeer na God kortstondig. Net ‘n paar generasies later het die profeet Nahum die finale verwoesting van Nineve voorspel en gesê dat God se geduld met die stad op is en dat hulle boosheid nie langer verduur sal word nie. Hierdie keer het die stad die waarskuwing geïgnoreer en is tot niet gemaak.

Miskien het God vir Jona gestuur om hom te vorm en sy hart voor te berei vir gehoorsaamheid. Miskien was dit om ‘n profesie te skep wat slegs Jesus kon vervul. Miskien het God geweet van ’n spesifieke persoon in die stad wat op daardie oomblik gereed was om gered te word. Ons weet nie altyd hoekom God sy mense op spesifieke tye na spesifieke plekke stuur nie. Ons weet wel dat wanneer Hy sê: "Gaan!" ons beste opsie is om gelowig en gehoorsaam te wees.

Gehoorsaam

Het jy al ooit gedink “God sal my nooit vra om ... ” en dan het God jou later gevra om juis daardie ding te doen? Deel jou ondervinding, ook of jy met blydskap gehoorsaam was, onwillig was of glad nie gehoor gegee het nie.

Tree jy in vir die wat nie die evangelie ken nie? Kies ‘n onbereikte nasie, stad of regering om hierdie week ernstig voor te bid. Vra dat God gelowiges daarheen sal stuur en bid spesifiek vir hulle bekering, verlossing en gehoorsaamheid aan God.

Watter rol vra God jou om te vul in die sendingopdrag? Gee Hy jou die geleentheid om diegene wat in onbereikbare plekke dien, te ondersteun en te bemoedig? Dring Hy jou om vurig in te tree vir die verlore wêreld? Roep Hy jou om jou eie planne te laat vaar en om Jesus te gaan deel met dié wat nog nooit van Hom gehoor het nie? Deel wat jy dink die volgende stap van gehoorsaamheid is.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Onbereiktes

Die goeie nuus van Jesus verander alles. Deur Jesus is ons sondes vergewe, is ons verlos van ons verlede en is ons toekoms verseker. In Hom het ons versoening, transformasie, hoop en ‘n doel om voor te lewe. In hierdi...

More

Ons wil graag Team Expansionn bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://teamexpansion.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid