Leesplan inligting

OnbereiktesVoorbeeld

Onbereiktes

DAG 3 VAN 5

Almal is genooi

Oordink

God se mense het duisende jare lank geglo dat sy liefde, seëninge en koninkryk eksklusief net vir hulle is. As kinders van God se vriend, Abraham, het hulle aangeneem dat daar net ‘n sekere aantal sitplekke aan die tafel beskikbaar is en dat daardie sitplekke aan hulle behoort. Maar Jesus het dit duidelik gemaak dat almal na die huweliksfees genooi is.

Vir geslagte is God se uitverkore volk gekenmerk deur die onderhouding van die wet en hulle afskeiding van die buitewêreld. Terwyl almal om hulle geleef het soos hulle wil, het God se mense hard probeer om heilig te lewe. Maar dit was nie hulle gehoorsaamheid wat hulle spesiaal gemaak het nie. Dit was ook nie hulle geregtigheid, uitstekende morele waardes of jare se bestaan as buitestaanders in ‘n roekelose wêreld nie. Dit was God. Hy het hulle gekies om sy mense te wees, nie omdat daar enigiets in besonder waardig aan hulle was nie, maar omdat Hy deur hulle verheerlik sou word.

Jesus het ‘n struikelblok vir die Jode geword en ‘n oop deur vir die res van die wêreld. As gevolg van Jesus kan God se hele skepping met Hom versoen word. Maar iemand moet hulle daarvan vertel.

Dit het gelyk of Petrus se visie teenstrydig was met wat hy geleer het hoe om God te volg. En toe ontmoet Petrus vir Cornelius, ‘n buitestaander wat God gevolg het. Petrus het baie gou met helderheid besef dat God se evangelie nie net vir sy uitverkore volk was nie. Die evangelie is goeie nuus vir elkeen wat dit hoor, luister en gehoorsaam.

Hierdie oomblik het alles vir die dissipels, die Jode en die res van die wêreld verander. As gevolg van Jesus is niks meer dieselfde nie. Niemand word meer gered op grond van sy herkoms of deur die wet na te kom nie, maar slegs deur die genade en opoffering van Jesus Christus, wat genoeg is vir elkeen wat hoor en glo.

Gehoorsaam

Was jy al in die versoeking om te glo dat jou goeie werke of jou familie se geloof jou mag gee in God se koninkryk? Het jy ander mense uitgesluit weens hul gebrek aan daardie dinge? Bely dit teenoor mekaar en spreek daardie leuens aan.

Ken jy nie-gelowiges wat die eienskappe van God beoefen — dinge soos goedheid, vrygewigheid, vreugde en wysheid? Bid vir geleenthede om sulke persone aan te moedig en lei hulle na die God van alle goeie gawes.

Aan watter ander verhale of Skrifgedeeltes laat hierdie storie jou dink? Bestudeer hierdie week die Bybel en soek nog verhale waar iemand gedink het hy weet iets van God se koninkryk, maar toe later meer geleer het oor God se hart.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Onbereiktes

Die goeie nuus van Jesus verander alles. Deur Jesus is ons sondes vergewe, is ons verlos van ons verlede en is ons toekoms verseker. In Hom het ons versoening, transformasie, hoop en ‘n doel om voor te lewe. In hierdi...

More

Ons wil graag Team Expansionn bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://teamexpansion.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid